Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 August 202622 August 2026

Carina van der Walt. nuwe perspektiewe na verhuising

 

nuwe perspektiewe na verhuising

 

 refleksie   

 

 die aandson val op die boekrak

weerkaats die boeke in die vloer

soos die weerskyn van herehuise

langs gragte     elke boek ’n tuis

 

*

 

gemengde uitsig

 

 kyk ek af

sien ek die lelikheid

van ’n battery huurgarages

handig as stoorplek vir afgetredenes

tog al gewoond om ’n lewe lank hul

wiele aan wind & weer onder bome

te laat toeskyt deur krysende kraaie    

 

kyk ek op

sien ek die skoonheid

van ’n lugballon soos ’n spraak-

borrel op die punt van ’n hoë gebou

sweef oor die binnestad soos gedagtes

wat woorde soek lug vang verder opstyg

na gevlerkte idees uit ’n voëlperspektief

 

 *

 

 topverblyf

 

 ons leef in die toppe

van witstamberkebome

van paddastoelwolke

van Vermeer-lugte

 

wolke vervorm sienderoog

van sampioen na skaap na

aambeeld verkleur van wit

na grys met silwer randjies

 

die lug is ’n doek vol voëls wat

in hul fluit vlerk- & duikslag vir

ons konserthou     volkome vry

van Vermeer se beroemde kwas

 

vermy hul die toppe van die berke

sal ek soos die vrou wat haar verkyker

vergeet het hul lok? – voer op die balkon?

my arms met sagte keelgeluidjies uitstrek?

 

*

 

poeslief

(as antwoord op “wat is natuur nog in dit land?” van J.C. Bloem)

 

swart met 4 wit pootjies dra

sy ’n rond genommerde tag

as eiendom van 1 van ons

medebewoners in die blok

 

haar instink lok haar na

’n stukkie wildgroei in die

strak uitgelynde perk onder

die balkon – daar is sy tuis

 

sy jag nuuskierig op geel

vlinders wat gekamoefleer

met geaarde vlerkies op nerwe

van onkruidtakkies land     sy stol

 

ek vermoed ’n getemde

jagtershart waarvan die inkeping

opgedruk word tot ’n uitgerekte ruit

– kromrug begrawe sy driehoekies

dít is natuur nog in dié land

 

 

© Carina van der Walt (4 Julie 2025 – 4 Augustus 2026)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Carina van der Walt. Drie taalmanifestasies
Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai
  • Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
  • Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

  2. FRANCO COLIN on Loftus Marais. Veksilologie22 October 2026

    Merkwaardige beeld wat maar net weer die "show-don't-tell" beginsel by uitnemendheid bevestig.

  3. Jacobus Swart on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Welsprekende digter; welsprekende resensent.

  4. Fer on Andrea Sieberhagen. Sterrewag22 October 2026

    'n Treffende huldeblyk aan NP.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)21 October 2026

    Baie dankie aan Marlies Taljard vir haar noukeurige lees van Spiraal. Ek is dankbaar vir die gedigte wat sy as…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d