Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 September 202625 September 2026

Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026

 

 

 

Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026

Commendatio’s: Bibi Slippers

 

FIKSIE

 

Nathan Trantraal

 

Nathan Trantraal: “Die great expectations van ’n twiede boek” oor Prins deur Ryan Pedro, Rapport, 25 Mei 2025
(Lees die resensie hier: Rapport: Prins)

 

Nathan Trantraal se resensie van Prins, Ryan Pedro se tweede digbundel, het die jingle van ’n koeldrank-advertensie uit die 90’s in my kop laat draai: Sparletta Creme Soda – it’s so smooth. 

Die vloei van hierdie stuk skryfwerk is merkwaardig. Dit loop van ’n inleiding wat Ryan Pedro binne die Afrikaanse letterkunde posisioneer, teken die hoë lat wat hy met sy eerste bundel opgestel het en waaroor hy met sy tweede bundel moes seil, en gebruik dan kortsigtige kritiek op die verwysingsraamwerk van die vorige bundel om gelyktydig die nuwe bundel se aanslag duidelik te maak, en terug te druk teen die verwagting dat skrywers se verwysingsraamwerke beperk moet wees tot klassieke werke in die Afrikaanse kanon. Die resensie gebruik die boek as vertrekpunt om breër argumente te voer, dit neem sterk standpunte in oor onderwerpe wat relevant is tot die begrip en ontvangs van die werk, en dit ontsluit Pedro se boek vir lesers wat dalk nie sal weet waar om te begin nie.

Uiteindelik laat Trantraal ook ruimte om die digter self te laat praat, met ’n perfekte keuse van gedig wat al sy argumente beliggaam, én lesers gaan lus maak om nog te lees.

 

                                                                                                                                               Niefiksie/…

 

Desmond Painter

 

 NIEFIKSIE

 

Desmond Painter: “Filosofie is saamdink in ’n komplekse wêreld” oor Uilvlug in die skemer deur Anton A. van Niekerk, Netwerk24, 24 November 2025
(Lees die resensie hier: Netwerk24: Uilvlug in die skemer)

Desmond Painter se resensie van Anton van Niekerk se bundel rubrieke Uilvlug in die Skemer begin met ’n persoonlike relaas oor sy eerste kennismaking met Van Niekerk as jong student op Stellenbosch. Binne die gemaklike trant van hierdie aanloop, verpak Painter egter vir die “gewone” leser ’n klomp redes waarom filosofie as dissipline relevant en onmisbaar is, op meer as net akademiese vlak. Teen die tyd dat hy in alle erns begin resenseer, is jy reeds oortuig van die belang van die boek vir jou as mens, of jy jouself nou ’n filosoof ag of nie.

Die sentrale argument van die resensie is dat Van Niekerk die beperkinge van die opiniestuk verbystreef, en die rubriek as filosofiese medium aanwend. Die resensent laat nie sy eie meningsverskille met die outeur en verskille in politieke oortuigings toe om sy agting van die werk te kleur nie, maar gebruik dit eintlik om die tipe gesprek wat die outeur in die boek met die leser voer toe te lig. Die resensie is eenvoudig, helder en oortuigend, en duidelik die werk van ’n aandagtige en ontvanklike leser. Dit laat ons as beoordelaarspaneel hoop om méér resensies deur Desmond Painter te kan lees, miskien volgende jaar ook sommer resensies van fiksie en poësie.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Bester Meyer (Uit die herberg van Alhambra)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir fiksie 2026
  • Persverklaring: Netwerk24 kykNET Rapport-pryse
  • Johann Lodewyk Marais. Labirint

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d