Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 October 2026

taki du plessis. NPvWL

 

Foto 27:   deurslot Louwhuis

https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678

 

NPvWL

 

die tyd het die slot

tot vergeet toe
laat vergaan

maar nou danksy hul

wat geestesgoedere

en erfenis verstaan

is die deur

na die agterplaas

weer oop

 

sou jy tog net eenmaal

in die skemerlug

op die stoep

van die digterhuis weer kon sit

sal jy weet

jou woorde is soos saad

deur winde ver gewaai

jou laaste woorde

word opnuut gehoor:

 

  – dat die beiteltjie klink

    en grense verskuif

  – dat die liefde steeds

    soos skadu’s bly

  – dat die herfs se dae

    blywend heilig is

  – dat die winter

    ‘n geheime wasdom is

    wat die lewe dien

  – dat wingerd en wyn

    nie die laaste sê het nie

  – dat die digter

    dit wat aards is

    met koel gedagtes skink

    wat heuning

    uit die blomsap laat kom

  – dat die mens sal aanhou soek

    sonder om ooit seker te weet

 

    jy’t weggegaan

    maar jou woorde sal

    vir geslagte staan

 

© taki du plessis, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← taki du plessis.  Sonnet vir NP

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”
  • Driekie Grobler. verbeur
  • Hennie Meyer. WOU
  • Hennie Meyer. Ballade van die dose
  • Andrea Sieberhagen. Sterrewag

Nuutste kommentaar

  1. Sandri on Pierce van Tonder. Drumpel6 October 2026

    Puik

  2. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. Drumpel5 October 2026

    Puik gedoen Pierce!

  3. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  4. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  5. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d