Anne-Ghrett Erasmus. 2011. die lekkerste perske is ‘n vy. Helderview: Benedic Boeke. ISBN 978-0-9814408-5-9 Resensent: Heilna du Plooy Volgens die postmodernistiese denke is ‘n hiërargiese onderskeid tussen verskillende soorte literatuur ongeldig. Populêre romans en ernstige meer filosofies georiënteerde verhalende tekste wat dikwels ook eksperimenteel met taal en tegniek omgaan, staan volgens hierdie denke teoreties…
Category: Resensies
Daar word gepoog om van elke nuwe Afrikaanse digbundel wat by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, ‘n resensie op hierdie webblad te lewer. Vir ‘n inhoudsopgawe kyk na die opsies heelbo aan hierdie webblad.
Resensie: splintervlerk (Marlise Joubert)
Splintervlerk. Marlise Joubert. Protea Boekhuis. ISBN 978-1-86919-472-7. Prys: R140. 96 bladsye. Prys: R140. Sagteband. Resensent: Zandra Bezuidenhout Hier is ‘n digbundel wat groot byval onder die algemene leserspubliek behoort te vind en selfs kritikasters onder die kennebak mag kielie. Diegene wat hul vooroordele en voorbehoude oor die poësie vir die duur opskort, sal ontroer word…
Resensie: Braille-briewe (MM Walters)
Braille-briewe. M.M. Walters. Protea Boekhuis. ISBN 978-1-86919-420-8. Prys: R150. 80 bladsye. Sagteband. Resensent: Zandra Bezuidenhout Die waarheid het net kans op lewe as dit daagliks onbevrees krities gedaag word. M.M. Walters Die ou Romeine het hul Juvenalis gehad; die Afrikaanse letterkunde het as teenhanger die satirikus M.M. Walters. Dit verbaas nie…
As die woorde begin droom
As die woorde begin droom. ‘n Keur uit die gedigte van Wilhelm Knobel. Saamgestel deur Johann de Lange. 2011. Bel Monte Uitgewers. Prys onvermeld. ISBN 0-620-48688-0. Resensent: Bernard Odendaal, departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat Wilhelm Knobel se voortydige oorlye in 1974, op 39-jarige ouderdom, is as ‘n…
0nversadig
Cloete, T.T. 2011. onversadig. Kaapstad: Tafelberg. ISBN 978-0-624-04903-6; 152 pp., prys: R175,00 Resensent: Heilna du Plooy Vloeibare filosofie T.T. Cloete is ‘n bekende en gevestigde digter in Afrikaans. Almal wat iets weet van Afrikaanse poësie, weet van hom en ken sy werk, meer of minder goed. Sommige hou van sy digterlike styl, ander nie,…
Uit die wit lig van my land gesny. Vir Anna.
Uit die wit lig van my land gesny. Vir Anna. `n Versamelbundel. TT Cloete. Pooka Uitgewers. ISBN 978-0-620-49815-9. Prys: R180. 115 bladsye. Hardeband. Resensent: Zandra Bezuidenhout `n Aangename verrassing vir poësieliefhebbers was die onlangse verskyning van twee bundels deur die veelbekroonde TT Cloete – deur baie beskou as ons grootste lewende Afrikaanse…
Wanpraktyk
Wanpraktyk. Andries Samuel. Human & Rousseau. ISBN 978-0-7981-5282-2. Prys: R145. 68 bladsye. Sagteband. Resensent: Zandra Bezuidenhout Dis selde dat `n debuutbundel `n mens se aandag so vasvang as Andries Samuel se Wanpraktyk. Hier is `n nuweling wat iets het om te sê, op `n eiesoortige manier en poëties verantwoord, sodat hy met die intrapslag sy…
Tempermes
Tempermes, deur Louis Jansen van Vuuren. Queillerie, ISBN 9780795800214, 2010 Resensent: Heilna du Plooy ‘n Titel soos Tempermes vir ‘n digbundel is ‘n duidelike aanwysing: hierdie bundel gaan iets met skilder te make hê. ‘n Tempermes is ‘n paletmes, nie die een wat soos ‘n troffeltjie lyk nie, maar die een met langer ovaalvormige…
