Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Andries de Beer

Andries de Beer kan soms verstrooid wees, maar taal en digkuns fokus sy aandag. Sy eerste gedig verskyn in sy laerskool se koerant. Op hoërskool lees Nelson Mandela een van sy gedigte en nooi hom vir ontbyt. Van daar af loop die pad van poësie saam met punk, politiek en performance. Steeds in die hoërskool, organiseer hy ’n rockfees waar Saron Gas (nou Seether) en Beeskraal op die verhoog verskyn. Later help hy die ondergrondse Afrikaanse kunste aan die gons hou deur sy deel te doen by Postbox en JJ Creative. Liriek en lawaai blyk sy voorland te wees, en by Oppikoppi kry hy sy eie verhoog – waar ballet, hiphop, opera en die wenners van Battle of the Bands saam ‘n tuiste kry. In Pretoria gee hy geboorte aan die Dowe Digters en lei interkulturele musiek-en-poësie-aande onder die banier Ziyawa, it is happening in Mamelodi, Melville en Centurion. In Eersterus word Afrikaaps ’n ruimte vir insluiting, en in Bronkhorstspruit bring hy lewe na die kroegvloere van Die Sinkshack met gedigte en musiek. Railways Café in Irene, Centurion word sy stamkafee, waar hy nie net kunstenaars vlerke gee nie, maar ook die eienaars blootstel aan die moontlikheid van poësie en musiek.

Hy’s ’n kernlid van Die Oopmondbende wat landswyd op feeste en in teaters optree met ‘n mengsel van bekgeveg, liriek en klank. By Digsange bring hy hulde aan die Afrikaanse kunslied saam met legendes soos Mimi Coertse. Sy stem was ook te hoor by die Mamelodi Poetry Festival, en die Sitstories-projek in Wellington dra ook sy handtekening.

Sy debuutbundel, Aalmoes vir die bootman, bring die stemme van randfigure tot lewe in poësie, ritueel en veldnotas. Daarna stig hy die band Rafel, waar sy verse in musiek verander – en Die Kaalkopwaarheid toonset sy gedig “Klara Majola“.

Hy skryf soms as Die Markies van Karrebas of Abjater Ronkedoor, en op die verhoog is hy Andries van Pretoria. Met ’n DPhil in Toerismebestuur fokus hy as dosent by CPUT op storievertelling, identiteit en gemeenskapsontwikkeling. Andries is ook ’n gekwalifiseerde gids wat al toeriste per vragmotor deur Suider-Afrika geneem het.


 

twak

ek staan nie jou dampkring nie

volg jou ook nie op sosiale media nie

jou swartgallige opinies oor sport politiek en geloof

laat my nie koud nie

nie ek of my gesin dra CK1 of Issey Miyake nie

in my garage staan ‘n Ford en nie Fortunar of Maserati nie

ek speel nie gholf nie ry nie fiets nie

en het geen geweer of jagtrofee nie

daar‘s nie strandhuis of familieplaas nie

my vrou besit geen yoga pants nie

sy verf nie gereeld haar naels nie

my kinders gaan nie Sondagskool of Kinderkrans toe nie

noem nie almal oom of tannie nie

en wanneer die son sak in Durbanville

glo ek nie altyd my eie twak nie

 


 

aalmoes vir die bootman

vir Ollie Viljoen

 

die bootman sal ‘n deuntjie vra

om vir jou en jou trekklavier

na ‘n anderkant te dra

jy sal saggies begin speel

‘n ou wysie, dalk een wat hy ken

hy sal saamneurie

en sy voet ritmies klap

terwyl die tempo vinniger word

sal die golwe bedaar

die water sal word

soos dit nou binne ons is

heimwee-kil en tranerig stil

aan die anderkant sal hy nog ‘n wysie bedel

een wat kan draai en ‘n storie vertel

maar jou voete

sal reeds wild en wakker

op  die nuwe oewer vastrap

met die terugkeer sal hy weer begin neurie

en hunker na kitare en snare

maar die vuur en die vlam sal ontbreek

en hy sal swyg

 

© Andries de Beer

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d