LXXV
Piromaan
die vuur sit in my vingers
om nog ‘n antwoord op Louw
te skryf, dansend die sigaretrook
wat ópklim en die as wat val oor die mat,
die aarde is nie eenvoudig nie, beweer hy ook
soekend na ‘n pendant in my Latynwoordeboek:
om só ‘n palinode te skryf, maak van jou ‘n kroek.
© Joan Hambidge, 2026
