Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Basie Duvenhage

Basie Duvenhage het in die Noordwes-Kaap op ’n plaas naby ’n klein dorpie, Niekerkshoop, grootgeword. Hy het aan die Hoërskool Prieska gematrikuleer. Na skool die gewone, verpligte militêre diensplig gedoen en daarna studeer aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en ook later aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is die afgelope dertig jaar woonagtig te Worcester, waar hy sy eie sakebelange hanteer.

Hy neem deel aan die belange van die gemeenskap, deurdat hy insette lewer ten opsigte van die kunste, soos om betrokke te wees by die uitbou vir die liefde vir die Afrikaanse taal. In Worcester het hulle ’n digtersgroep waarvan die strewe is om die taal onder die gemeenskap te bevorder, veral in hulle groep: om die liefde vir die digkuns uit te dra.

Hy skryf al baie lank gedigte, maar moes deur die jare baie skaaf en lees en mislukkings ervaar om uiteindelik die vlak te bereik het waar sy gedigte aanklank vind. Die leek, die gewone leser, moet dit aangenaam vind, en graag die honger ontwikkel om nog te wil lees. Elke digter, glo hy, moet soos ’n skilder sy eie styl ontwikkel.

Sy debuutdigbundel Die agste teken verskyn in 2013 by Inset Uitgewers.


 

Drumpelgeld

 

my gewillagheid staan daadlik op toe ek sien hoe springbokram so stywebeen

pronkfluit, pronkfluit, die witdos op sy kruis oopsprei, nartjieblomsoet

 

nout het ek kon droom dat stêre maak se ontvangenis die maan

so gou-gou, van leeg tot vol kan stoot

 

lê daar in jouse skoongeit

sjoe! – my poustertvreugde, maar in jouse oë, die skylte van jouse siel,

speel jy vir my op my ramkiesnaar die vlerkense van onse toekoms uit

 

in die skemerte sien ek jou deur die lanternbosse soos ’n koestertjie

knoesterknis wandel, in die oggend is dit jy wat uit jou heupe vir my

tjaibessies en nôiensborsies binnedra, skommel

tsamma en kambro steeds spuls in jouse mond, sny ek glinsteroog

steenbokooitjiespoor teen die hoogste dyn se rug

 

en in die mirrag is dit ons wat uit onse monde in onse omtes vir mekaar

bobbejaanspiëel maak, dan

ontbloot ons onsselwers deur onse oë en tonggesprek

 

ek lees van Simson en Delila

die liefde is die spel van pofadderlike gevaar, soos duiwelsbrood

 

ons moet ophou met geitjie-oge tong te klap en onse kwaaigeit

samet jongby, boegoe en wilde-als vir ’n sagte wang insmeer

voor diese goeterse

het ekke met myse drumpelgeld sorgsamig betaal,

nou t!khappara, lig myse hoed vir jou, riel ons oor onse misvloer varsgesmeer

 

sal jouse blinkblaar mooigeit my hele lewe in myse blindemolkaros egtig toevou

 

Uit: Die agste teken, 2013, Inset Uitgewers

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d