![]() Basie Duvenhage het in die Noordwes-Kaap op ’n plaas naby ’n klein dorpie, Niekerkshoop, grootgeword. Hy het aan die Hoërskool Prieska gematrikuleer. Na skool die gewone, verpligte militêre diensplig gedoen en daarna studeer aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en ook later aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is die afgelope dertig jaar woonagtig te Worcester, waar hy sy eie sakebelange hanteer. Hy neem deel aan die belange van die gemeenskap, deurdat hy insette lewer ten opsigte van die kunste, soos om betrokke te wees by die uitbou vir die liefde vir die Afrikaanse taal. In Worcester het hulle ’n digtersgroep waarvan die strewe is om die taal onder die gemeenskap te bevorder, veral in hulle groep: om die liefde vir die digkuns uit te dra. Hy skryf al baie lank gedigte, maar moes deur die jare baie skaaf en lees en mislukkings ervaar om uiteindelik die vlak te bereik het waar sy gedigte aanklank vind. Die leek, die gewone leser, moet dit aangenaam vind, en graag die honger ontwikkel om nog te wil lees. Elke digter, glo hy, moet soos ’n skilder sy eie styl ontwikkel. Sy debuutdigbundel Die agste teken verskyn in 2013 by Inset Uitgewers. |
Drumpelgeld
my gewillagheid staan daadlik op toe ek sien hoe springbokram so stywebeen
pronkfluit, pronkfluit, die witdos op sy kruis oopsprei, nartjieblomsoet
nout het ek kon droom dat stêre maak se ontvangenis die maan
so gou-gou, van leeg tot vol kan stoot
lê daar in jouse skoongeit
sjoe! – my poustertvreugde, maar in jouse oë, die skylte van jouse siel,
speel jy vir my op my ramkiesnaar die vlerkense van onse toekoms uit
in die skemerte sien ek jou deur die lanternbosse soos ’n koestertjie
knoesterknis wandel, in die oggend is dit jy wat uit jou heupe vir my
tjaibessies en nôiensborsies binnedra, skommel
tsamma en kambro steeds spuls in jouse mond, sny ek glinsteroog
steenbokooitjiespoor teen die hoogste dyn se rug
en in die mirrag is dit ons wat uit onse monde in onse omtes vir mekaar
bobbejaanspiëel maak, dan
ontbloot ons onsselwers deur onse oë en tonggesprek
ek lees van Simson en Delila
die liefde is die spel van pofadderlike gevaar, soos duiwelsbrood
ons moet ophou met geitjie-oge tong te klap en onse kwaaigeit
samet jongby, boegoe en wilde-als vir ’n sagte wang insmeer
voor diese goeterse
het ekke met myse drumpelgeld sorgsamig betaal,
nou t!khappara, lig myse hoed vir jou, riel ons oor onse misvloer varsgesmeer
sal jouse blinkblaar mooigeit my hele lewe in myse blindemolkaros egtig toevou
Uit: Die agste teken, 2013, Inset Uitgewers