Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Bonaventure Hinwood

Bonaventure Hinwood

Edward Victor Hinwood (1930 – 2016) is in Johannesburg gebore waar hy ook sy skooljare deurbring. Hy behaal grade in Geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand. By toetrede tot die Franciskaanse Orde neem hy die naam Bonaventure aan.

Vanaf 1964 tot en met sy aftrede in 2000 is Hinwood werksaam as dosent by die Sint Johannes Vianney Kweekskool. Hy behaal ook in die tyd ’n Meestersgraad in Biblioteekkunde aan die Universiteit van Pretoria.

As skrywer verwerf hy bekendheid vir sy religieuse skryfwerk en digkuns. Tussen 1981 en 2014 publiseer Hinwood agt digbundels. Hy debuteer met die bundel Smeulvuur onder die skuilnaam Hewitt Visser. Hierna word sy werk egter onder sy eie naam gepubliseer. Sy jongste bundel Sover verskyn in 2014 by Xlibris Publikasies. Hinwood publiseer ook ’n Afrikaanse vertaling van die Bybelse Psalms en Lofgesange vir gebruik in die Rooms-Katolieke Kerk.

Sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte en Honderd jaar later.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor Hindwood op LitNet:

https://www.litnet.co.za/vader-bonaventure-hinwood-1930/

 

 

REIN VAN HART

 

U soek ’n onbevolkte hart

swembadskoon en lentevars

waar U u liefdesoefeninge

sonder mededingende swemmers

ritmies onverpoos kan doen

waar wisselende slae skaars

hoorbaar deur die stille stilte

tog effektief kommunikeer

 

 

 

OPGEDIEP

     vir Wilhelm Knobel 2005

 

soos oor Tafelberg ‘n enkele wolkesliert

buierige dae lank gelede

en besoek aan Stikland oproep

wek planne om jou naderende

sewentigste verjaardag te herdenk

beelde op van somernagte

paaiend deurgepraat

om so jou geesteshitte

langsaam af te bring

dat toe die vlamrooi son

versilwerd helend skyn

ons teen Rooibergskuinstes

agate saam kon soek

tye van verrykende ontdekkings

opnuut uit die skatkis opgediep

 

 

 

GEDULDIG

 

wit agter monstransglas

binne die silwer engeleraam

glim die volmaanbroodjie

die geslagde Lam

op die vadertroon, omring

deur serafyne, kerubyne, magte

hier uitgestal

smagtend na ‘n  kuiergas

wat tussen werk en  kinderswek

die ewige genot vooraf wil proe

 

 

 

ONTDIGTER

 

die digfontein loop leeg

droog saam met die lande

lank na die laaste somerbui

droog nes vaalgeel polle

waar botsels oornag swart ryp

droogbruin in die laaste blare

wat grou geraamtes afgooi

onseker of die volgende voorjaar

die land met lentereën sal seën

 

© Bonaventure Hinwood. Mei 2009

 

 

 

HEMELSE WISKUNDE

 

elke wingerdstok se lower

ten spyte van die reguit rye

elke onbesnoeide struik

elke klippie in die gruis

elke sinkplaatpad bevestig

God wend ongelyke vorme aan

 

elke bergreeks, boom en bos

elke stroom se sonkwasriete

elke grashalm padlangs toon

dat God sy doel aspris bereik

met skewe lyne en kronkelweë

 

© Bonaventure Hinwood. April 2009

 

 

 

EDELSTEENMONTERING

                        Windhoek

 

laer om laer bult- en heuwelketting

kring teen sand en bossies alkant

dié waterryke dal se skanse uit

geen trekkerhoof of duitse kolonel

sou ossewaens of fort se bolwerk

so vas om hierdie kom gebind het

as die aardkors teen woestynbekruiping

 

© Bonaventure Hinwood. April 2009

 

 

 

JULIEMAAND, IERLAND

 

soos op Beiroet Israeli-bomme

bars onaangedien die somer

in hittegolwe deur

dryf stedeling en vreemdeling

verbysterd strand  toe, maak

dat selfs die 14 grade

Atlantiese Oseaan hulle nie afskrik nie

vanaf die sonwarm rotse

verwonder die Afrikaan hom oor

hul binnehuidsverwarming

 

Uit: Versindaba 2008, Marlise Joubert, [samesteller], Protea Boekhuis, 2008

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)

Nuutste kommentaar

  1. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  2. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  3. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  4. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  5. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d