Florence Nightingale
rykdom was nie haar pêrel
haar voorregte ‘n altaarvlam
geroepene na die verminktes
lewende lyke wat kwyn
in sale vuil en klam
by elke bed troos sy
onvermoeid tot die nanaguur
dáár waar die mens hooploos
wankel wyk duister
voor die lamp van die engelfiguur
na neëntig winters
salwing in die waters van rus
steeds is jóú naam op hul lippe van trou
jou nalatenskap durend
jou lamp ongeblus
© Stephan du Toit, 2025
