Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 April 2026

Andries Fourie. Waar die stilte wit is

 

Waar die stilte wit is



daar waar die stilte wit is

is als nie sonder donker nie

 

wit is soos die sneeu

dis koud en somberstyf

die winter in jou some

kleef soos kaal hier aan jou lyf

 

daar waar die stilte wit is

is niks in bont getooi nie

 

wit is ‘n bloedverlate skets

sonder enig’ rooi raffyn

selfs waar die son se strale skerp

deur hordes prismalense skyn

 

daar waar die stilte wit is

het die sirkels nie kwadrante nie

 

soos die spierwit van ‘n leë bord

voor ‘n honger oog se smag

net die gladde porselein se skyn

wat op ‘n brood se krummels wag

 

daar waar die stilte wit is

is eenvoud nie genoeg nie

 

soos die kwas daar op die doek

sy druk en meng op die palet

wat onbesmet in bitter blank

die skilder sy talent belet

 

daar waar die stilte wit is

sal lees nie kan bestaan nie

 

waar elke hoofstuk van ‘n boek

soos die eerste leeg sou wees

en jy net die alfabet se grafsteen

in die laaste een sou lees

 

gee my liewer kleure

wat dartel in die son

soos die wat uit die reënboog

se leefbelofte kom

 

gee my liewer lewe

wat asemhaal en beef

as die doodswit van ‘n laken

wat aan my stilte kleef

 

© Andries Fourie, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer →

1e kommentaar op “Andries Fourie. Waar die stilte wit is”

  1. Etienne says:
    24 October 2026 at 19:41

    Mooi

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Resensie: Joan Hambidge: amberKAMER (Karen de Wet)
  • Marthé McLoud. Hierdie angs, hierdie angs
  • Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)
  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  2. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  3. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  4. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Kaapse draai23 October 2026

    Dankie, Joan. Die getekende gebeure verteenwoordig almal werklike voorvalle, hoewel nie op ‘n enkele dag ervaar nie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d