Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Clinton V. du Plessis

Clinton V du Plessis is op 20 Februarie 1963 op Cookhouse in die Oos-Kaap gebore. In 1984 word sy eerste digbundel, Geloofsbelydenis van ’n kluisenaar, deur Perskor uitgegee – sy enigste bundel wat deur ’n hoofstroomuitgewer gepubliseer word. In 1987 stig Clinton sy eie uitgewery en bring ook ’n literêre tydskrif, Akuut, op die been.

Du Plessis publiseer nog verskeie dig- en kortverhaalbundels oor die jare, waaronder curriculum vitae, in god’s country: no 2–21, Tussentydse verslag, Kort van draad en Brunch met twee.

Van sy werk is ook in ’n hele aantal plaaslike en oorsese bloemlesings opgeneem: Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in duisend en een gedigte, Honderd dichters 1, De tweede ronde en O droewe en wye land. Spaanse vertalings van sy werk is opgeneem in die boek International poetry.

Nadat hy drie en ’n half jaar as rekenmeester in Johannesburg gewerk het, vestig hy hom op Cradock. Verslag verskyn in 2019 by Roepman uitgewers en is volgens die digter sy tiende en laaste Afrikaanse digbundel.

Lees gerus ‘n meer volledige biografie op LitNet:

https://www.litnet.co.za/clinton-v-du-plessis-1963/


 

bestekopname

 

ek wou nog altyd

so gemaklik en spontaan

soos bukowski skryf

duisende verse

by die veertig of is dit vyftig bundels

met vinding- en verbeeldingryke titels

soos

sometimes you get so alone that it just makes sense

of

the days run away like wild horses over the hills

of

burning in water drowning in flame

of

play the piano drunk like a percussion instrument until the fingers begin to bleed a bit

maar

ek het gans

te versigtig geleef

nooit bedremmeld dronk & weer onvergenoegd nugter geraak

te min pille &

te min lyne gehad

te lank in een werk verstrengel geraak

gans te min die perde gespeel

of

aandele verhandel

te min my gat gesien

(by/in

hoer, hof, hospitaal & hotel)

te laat my hart verloor

om

’n suksesvolle skrywer te wees

(aldus charles bukowski, die meester)

moes jy geslaap het

by baie vroue,

mooi vroue,

& een of twee

ordentlike liefdesgedigte geskryf het.

ek dink ek is darem al

so halfpad daar.

 

Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Winternag
  • Vincent Oliphant. Soos
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale
  • 100 Duitse Bestes: Elisabeth Borchers (1926-2013)
  • Ilse van Staden. tuiskoms

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d