Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Corlia Fourie

Corlia Fourie

Corlia Fourie, die oudste dogter van die bekende skrywer Mikro (C.H. Kühn), is gebore op 11 Desember 1944 in Kuilsrivier. Sy spandeer haar kinderjare in die Wes-Kaap waarna haar familie na Pretoria verhuis waar sy haar skoolopleiding aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd voltooi.

In 1965 behaal sy ’n B.A.-graad met Sielkunde en Afrikaans-Nederlands as hoofvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk aanvanklik voltyds as joernalis by o.a. Die Burger en Sarie, en later as vryskutjoernalis by Beeld, Huisgenoot en Rooi Rose waar sy ook verhaalredakteur word.

Fourie begin in die tagtigerjare fiksie skryf. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat deur KRUIK sowel as vir die radio en televisie opgevoer is, asook die kinderboeke Die wit vlinder, Die meisie wat soos ’n bottervoël sing en Die towersak en ander verhale. Vir dié drie boeke het sy etlike literêre pryse, o.a. die MER- en Alba Bouwer-prys ontvang. Later verskyn daar ook twee kortverhaalbundels Sê en Liefde en Geweld, uit haar pen. Vir laasgenoemde ontvang Fourie in 1991 die ATKV-prys vir goeie, gewilde prosa. Van haar meer onlangse boeke sluit in die romans Alle paaie lei deur die Strand, Die geheime kamer en Tussen heinings.

In 2018 debuteer Fourie as digter met die bundel Die goeie vrou en ander mites.

Lees gerus ’n meer uitgebreide biografie op LitNet:

https://www.litnet.co.za/corlia-fourie-1944/

 

Die oujongnooitante

 

Tannie Joe se ore is hoeka groot.

Haar neus ook.

Die rok van haar kussinglyf

kort by haar maag ’n knoop.

sy verloor haar bril, haar pille,

haar haarnet, haar sleutels,

om hulle in die yskas

of perdalks

in die wasgoedmandjie te kry.

Maar tannie Joe ken stories,

sy lees Die Burger,

die National Geographic,

reis op ver-ver paaie

na waar woorde haar onvoorwaardelik neem.

 

© Corlia Fourie. Die goeie vrou en ander mites

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d