Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Corlia Fourie

Corlia Fourie, die oudste dogter van die bekende skrywer Mikro (C.H. Kühn), is gebore op 11 Desember 1944 in Kuilsrivier. Sy spandeer haar kinderjare in die Wes-Kaap waarna haar familie na Pretoria verhuis waar sy haar skoolopleiding aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd voltooi.

In 1965 behaal sy ’n B.A.-graad met Sielkunde en Afrikaans-Nederlands as hoofvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk aanvanklik voltyds as joernalis by o.a. Die Burger en Sarie, en later as vryskutjoernalis by Beeld, Huisgenoot en Rooi Rose waar sy ook verhaalredakteur word.

Fourie begin in die tagtigerjare fiksie skryf. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat deur KRUIK sowel as vir die radio en televisie opgevoer is, asook die kinderboeke Die wit vlinder, Die meisie wat soos ’n bottervoël sing en Die towersak en ander verhale. Vir dié drie boeke het sy etlike literêre pryse, o.a. die MER- en Alba Bouwer-prys ontvang. Later verskyn daar ook twee kortverhaalbundels Sê en Liefde en Geweld, uit haar pen. Vir laasgenoemde ontvang Fourie in 1991 die ATKV-prys vir goeie, gewilde prosa. Van haar meer onlangse boeke sluit in die romans Alle paaie lei deur die Strand, Die geheime kamer en Tussen heinings.

In 2018 debuteer Fourie as digter met die bundel Die goeie vrou en ander mites.

Lees gerus ’n meer uitgebreide biografie op LitNet:

https://www.litnet.co.za/corlia-fourie-1944/


 

Die oujongnooitante

 

Tannie Joe se ore is hoeka groot.

Haar neus ook.

Die rok van haar kussinglyf

kort by haar maag ’n knoop.

sy verloor haar bril, haar pille,

haar haarnet, haar sleutels,

om hulle in die yskas

of perdalks

in die wasgoedmandjie te kry.

Maar tannie Joe ken stories,

sy lees Die Burger,

die National Geographic,

reis op ver-ver paaie

na waar woorde haar onvoorwaardelik neem.

 

© Corlia Fourie. Die goeie vrou en ander mites

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d