Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 November 2026

Hennie Nortjé. Raka in my tuin

 

Raka in my tuin

 

“In sy latere werke (soos Nuwe Verse) gebruik N.P. van Wyk Louw dikwels rympies en liedjies om sy gevoel van vervreemding  te hanteer.”( Litnet 2024-02-28)

 

Ek sien vir Raka, Raka,

Raka in my tuin,

so deur die blare

loer hy vir my;

daai Raka, Raka,

Raka in my tuin.

 

Ek gaan roep my ma,

maar toe sy kom kyk

het daai Raka reeds verdwyn;

daai Raka, Raka,

Raka in my tuin.

 

Sy vat my na die shrink, hy sê:

Die kind kyk te veel nuus

nou sien hy spoke wat kon bly …

(Mevrou, jou seun kort

dringend terapie

om al sy wit duiwels uit dryf.)

 

Nee, my omie,

ek het dit nie gedroom nie

en ek is g’n mental case;

ek sien net vir Raka, Raka

Raka in my tuin.

 

Ek sê jou die ou,

lyk nes Van Wyk Louw

hom in daai voorgeskrewe boek beskryf:

Daai Raka, Raka met moerse groot orgaan

en die helse sterk lyf.

 

Daai Raka, Raka doen sy Haka[i] in my tuin.

Daai Raka, Raka met sy AK[ii] in my tuin.

Daai Raka, Raka hy lag ka-ka, ka-ka in my tuin.

 

Ek voel so gegrief, ek voel nes Piet Retief[iii]

met daai assegaai in my lyf,

want daar’s ‘n Raka, Raka,

Raka in my tuin.

 

Daai Raka, Raka maak sy H.K.[iv] in my tuin.

Daai Raka Raka met sy AK in my tuin.

Daai Raka Raka hy kakka in my tuin.

Daai Raka Raka hy laat my Koi-visse kwyn[v],

want daai Raka Raka hy pieps[vi] in my fontein!

 

© Hennie Nortjé, 2026

 

 

 

Voetnota’s:

 

[i] Haka: Verspotte, nou reeds erg vervelige, vooraf stryddans van ons nommer een rugby-vyande.

 

[ii] AK: Kort vir AK47, outomatiese masjiengeweer waarmee miljoene mense en diere oor die laaste halfeeu afgemaai of vermink is.

 

[iii] Piet Retief: Naïewe Voortrekkerleier wat ongelukkig sy voorlaaier buite Dingaan se kraal agtergelaat het.

 

[iv] H.K. Ter wille van destydse diensplig-ontduikers: dis ‘n militêre afkorting vir “hoofkwartier” en verwys beslis nie hier na die “huiskomitee” van een of ander koshuis nie.

 

[v]  Menslike uriene versteur water-ph. Dit laat alge floreer en visse vrek. Rondlopers en grondbesetters moet dus ten sterkte ontmoedig word om in visdamme te urineer.

 

[vi] Ter wille van meer  sensitiewe lesers word ‘n eufimisme hier gebruik; dit skep selfs die moontlikheid om hierdie bondiger en meer kontemporêre weergawe van Raka in die toekoms as voorgeskrewe werk te laat dien.

Hierdie strydlied is noodwendig ook geskik as dreunsang voor die afskop Saterdae op Loftus. Bladmusiek  is juis vir hierdie doel gratis op aanvraag  beskikbaar. (Sweet Caroline, my skat, ek is bevrees jou dae is getel; for good times never seem so good anymore!)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza
  • Joan Hambidge. Landskappe en argiewe
  • Miel Vanstreels. Na soveel jare
  • Hennie Nortjé. Raka in my tuin

Nuutste kommentaar

  1. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  2. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  3. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  4. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  5. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d