Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

D.P.M. Botes

D.P.M. Botes is op 7 Julie 1935 in Witbank gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal. Daarna verwerf hy ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Afrikaanse en Nederlandse Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria en ’n honneursgraad in Afrikaans-Nederlands aan UNISA. Onder prof. Wilfried de Pauw voltooi hy aan UNISA ’n MA-verhandeling, ’n Ondersoek na verteenwoordigende literêre opvattinge van die Futurisme, Kubisme, Dadaïsme en Surrealisme (1963). In die winter van 1965-1966 doen hy onder prof. Jean Weisgerber aan die Université Libre de Bruxelles in België navorsing vir ’n proefskrif oor die digter Gaston Burssens.

Botes debuteer met die bundel Wat is ’n gewone man (1965), waarvoor hy die eerste Afrikaanse wenner van die Ingrid Jonker-prys was. Daarna publiseer hy nog twee bundels, naamlik Klein grys telegramme van die wêreld (1966) en Psalms van David (1973). Van sy gedigte verskyn ook saam met dié van P.A. de W. Venter en Menno Stenvert in Klawer (1966). Botes se laaste bundel, van ’n skaap in wolfsklere, verskyn in 2012 by Tormentoso. Dié uitgewery is veral bekend vir sy historiese publikasies.

Botes is in 2013 op die ouderdom van 78 oorlede.


 

my seun

daar kom ‘n tyd

dat jy die dood self moet omhels

soos ‘n beminde vrou wat oor jou rou

dat die woord sy assosiasies verloor

al sy betekenisse terugkeer na die bron

energie word riviere strome

herlei word na ‘n atoomstasie

 

dat jy alle vriendskappe van jou moet afwerp

soos die liefde wat verdwyn in die nag

en die roep van voëls wat nie meer praat nie

waaraan vlerke gegee is om te vlug

om agter die horisonne te kyk:

nou kan hulle nie meer vlug nie

 

dat herinnering ‘n skouerophaling is

wanneer niks meer aanstoot gee nie

wanneer sand proe soos sand

en water uit jou syfer soos water

dat jy staan

aan die begin van ‘n skepping:

 

alleen

 

(Uit: van ‘n skaap in wolfsklere, 2012, Tormentoso)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d