Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Anita Van der Walt

Anita Van der Walt (neé Schutte) is in 1957 in Potchefstroom gebore en het groot geword in Grahamstown. Sy gaan skool by Hoërskool PJ Olivier vanaf standerd drie tot matriek en daarna gaan studeer sy medies aan die Universiteit van Stellenbosch, Tygerberg Hospitaal. In 1982 behaal sy haar MBChB waarna sy verder studeer en ook haar nagraadse diploma in Verloskunde behaal aan die College of Medicine SA Oct. Verdere nagraadse studies aan die Universiteit van Kaapstad sluit in ’n Diploma in Beroepsgesondheid (1998) en ’n meestersgraad in werksverwante respiratoriese allergiese longsiektes (2010).

Anita praktiseer as ’n Beroepsgeneeskundige vir baie jare by verskeie industrieë in Kaapstad maar het altyd aan die skryf gebly. Onder leiding van Louis Esterhuizen het sy geleer om die digkuns te bemeester. In 2021 debuteer sy met die bundel Hierdie Maandag is abstrak, uitgegee deur Turksvy Publikasies.

In 2021 oorleef Anita ’n subarachnoïdale aneurisme (breinbloeding). Nadat sy vir ’n maand in ’n koma was, gekoppel aan masjiene en ’n ventilator, herstel sy ten volle danksy die puik dokters in wie se sorg sy was.

Anita beskryf haarself as  “van empatie aanmekaar gesit”. Sy voel die pyn en lyding vir mens, dier en die natuur en skep behae in alles wat mooi is, van die natuur, oseane, kerke, musiek, kuns en God se liefde vir die mens en die lewe self wat as die grootste wonderwerk heers hier op Aarde. “Dit is wonderlekker om daaroor te kan skryf.”

“Die lewe is een lang duur les vir my. Mag ek vir Sir David Attenborough aanhaal en sê:

In a world of staged moments,

Do not forget

The quiet genuine acts of kindness

that truly defines us.”

Publikasies:

  1. Hierdie Maandag is abstrak
  2. Op die nerf af
  3. Lewe die sous werd
  4. elke strooihalm op sy plek


 

Vir altyd

Mag die deur van môre wyd oopmaak
lug helderblou kaats deur die ritsel van blare

in die suising van die dag se stilte.

Mag die doringhout hoog gestapel lê
die vuurherd se gloed deurnag knetter
en daglank vroegoggend se warmte uitstraal.

Mag brood vars op jou tafel wag

plaasbotter en konfyt
die krale van blydskap dwarsdeur al die seisoene ineengeryg

somerlug aldag deur die venster bult.

Mag die klapperhaarmatras se holtes pas.

Die volmaan helder waghou
en jou huis stewig op stelte staan
die raku van gekraakte pleister sag lispel

dat geluk deurgaans skemertyd haal.

 

©Anita Van der Walt (neé Schutte)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Miel Vanstreels. Na soveel jare
  • Hennie Nortjé. Raka in my tuin
  • Marieta McGrath. Resensie van ‘n huweliksverblyf
  • AVBOB Persverklaring
  • Margaret Cordier-Biermann. Hier

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d