Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Gisela Ullyatt

Gisela Ullyatt (1977 – 2020) is in Bloemfontein gebore en behaal die grade MA (Duits) en MA (Engelse taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy behaal haar PhD (NWU) in 2013 en haar tesis handel oor die Amerikaanse digter Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk.

Sy dig sedert haar hoërskooldae en van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem waardeur sy bewys gelewer het van haar vaardighede as digter. Kort voor haar dood in 2020 verskyn haar bundel Die waarheid oor duiwe, by Protea Boekhuis .

Sy was getroud met Tony Ulyatt, en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller.

 

Uitgang

Hospitaal, eensame doolhof / êrens val lig in blokke

steriel die vloere / my hart klop elektries, iewers

naalde en bloedsusters. Ongesiens glip ek deur

vlakke van nabyheid en afstand / ongekend.

 

Môre /  ’n dagreis ver en geruisloos soos wit

komberse. Moederowerste, agter poorte lê

pêrels en die vaak / jou kruise besweer niks

én alles / jou bidkrale klik stom.

 

Vader van pyn / jou vleishakies soos ’n Bacon-

skildery / Francis Francis, jou screaming pope

kasty en betig met vuur / maar ligjare verwyderd

van vlees reis ek over the rainbow

 

*

 

winter 

winter is onversadigbaar

in blomloosheid in duifkarkasse

soos ’n grysaard mompel die wind

deur gaas in die spens die laaste lig

 

geleidelik verdof die middag tot iglo

ek skryf sondag-gedigte

aan die naderende koue

die koolstoof troetel

geheime teen sneeu

 

gedigte nes emmers

vang vuil sneeu op

om te vries

vir volgende jaar se somer

 

 

© Gisela Ullyatt, 2020

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d