Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Gisela Ullyatt

Gisela Ullyatt (1977 – 2020) is in Bloemfontein gebore en behaal die grade MA (Duits) en MA (Engelse taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy behaal haar PhD (NWU) in 2013 en haar tesis handel oor die Amerikaanse digter Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk.

Sy dig sedert haar hoërskooldae en van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem waardeur sy bewys gelewer het van haar vaardighede as digter. Kort voor haar dood in 2020 verskyn haar bundel Die waarheid oor duiwe, by Protea Boekhuis .

Sy was getroud met Tony Ulyatt, en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller.

 

Uitgang

Hospitaal, eensame doolhof / êrens val lig in blokke

steriel die vloere / my hart klop elektries, iewers

naalde en bloedsusters. Ongesiens glip ek deur

vlakke van nabyheid en afstand / ongekend.

 

Môre /  ’n dagreis ver en geruisloos soos wit

komberse. Moederowerste, agter poorte lê

pêrels en die vaak / jou kruise besweer niks

én alles / jou bidkrale klik stom.

 

Vader van pyn / jou vleishakies soos ’n Bacon-

skildery / Francis Francis, jou screaming pope

kasty en betig met vuur / maar ligjare verwyderd

van vlees reis ek over the rainbow

 

*

 

winter 

winter is onversadigbaar

in blomloosheid in duifkarkasse

soos ’n grysaard mompel die wind

deur gaas in die spens die laaste lig

 

geleidelik verdof die middag tot iglo

ek skryf sondag-gedigte

aan die naderende koue

die koolstoof troetel

geheime teen sneeu

 

gedigte nes emmers

vang vuil sneeu op

om te vries

vir volgende jaar se somer

 

 

© Gisela Ullyatt, 2020

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Andrea Sieberhagen. Koljander so deur die bos
  • Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway
  • 100 Duitse Bestes: Hermann Hesse (1877-1962)
  • Nini Bennett-Moll. Die veelkantige oeuvre van Marlise Joubert
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns II

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  2. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  3. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  4. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  5. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d