Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Hannes Visser

Hannes Visser

Hannes Visser is in 1957 in Roodepoort gebore. Na tien jaar in die privaatsektor waar hy o.a. ‘n kunsgalery en raamwinkel besit het, is Visser in 2002 terug onderwys toe. In 2011 verlaat hy die onderwys en verhuis vanaf George na Oudtshoorn waar hy tans as redakteur by die Oudtshoorn Courant werk. Hy is ook ‘n kunstenaar en ‘n geakkrediteerde lewensgids en geleentheidspreker.

Visser skryf sedert 2006 gedigte, rubrieke en kortverhale en het al verskeie pryse vir beide poësie en prosa by die Bloemfonteinse skrywersvereniging se landwye kompetisies gewen. In 2012 gee hy saam met 11 ander digters die bundel Boksemdais 2 uit en in 2017 word van sy gedigte ingesluit in Nuwe stemme 6. Sy debuutbundel, Die jaar toe pa … , verskyn in 2019 by Naledi.

 

Maandag 30 Januarie

 

drie mans is dood in amerika

wat met ’n vuurpyl tot by

die maan wou vlieg

dit was op die draadloos

pa sê hulle het verbrand

nog voor hulle kon vlieg

maar eendag gaan mense

nog op die maan kan land

dit was die here se wil

sê antie hester want dis

die here se maan en

niemand mag op sy

maan gaan land nie

 

*

 

Vrydag 5 Mei

 

ma speel ’n plaat

van jim reeves

adios amigo en

distant drums en

pa speel saam

op sy kitaar

 

oom flip sê

jim reeves is nie

dood in ’n vliegtuig

soos die mense sê nie

hy is ’n kommunis

agter die ystergordyn

 

pa sê fok jou

hy was ’n goeie man

hy is kimberley jim

en hy was al hier

 

(Uit: die jaar toe Pa. Hannes Visser. Naledi, 2019)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d