Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Hein Viljoen

Hein Viljoen

Hein Viljoen is op 23 Maart 1951 in Pretoria gebore. Hy spandeer sy kinderjare onder andere op Krugersdorp-Wes, Lindley in die Vrystaat en Potchefstroom waar hy in 1968 aan die Hoër Volkskool Potchefstroom matrikuleer. Viljoen voltooi sy B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Psigologie as hoofvakke, asook sy B.A. Honneurs-graad, aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Hy behaal sy M.A.-graad aan die Universiteit van Pretoria en in 1985 behaal hy sy D.Litt.-graad aan die Potchefstroomse Universiteit waar hy ook later professor in Afrikaans en Nederlands is.

Viljoen is bekend as skrywer op literêre én akademiese fronte. Hy is medeskrywer van Alkant olifant (1988), ’n inleiding tot die literatuurwetenskap, en ook twee bundels opstelle, nl. Storyscapes (2004) en Beyond the threshold (2007). In 1982 verskyn sy debuutbundel, Waterkristal, gevolg deur Holtrom en groot kabaal in 2007. Sy gedigte verskyn ook in Literator en op Versindaba. In 2013 verskyn ’n derde bundel opstelle , nl. Crossing borders, dissolving boundaries (2013). Viljoen se derde digbundel, Brisant, word in 2019 by Naledi uitgegee. Sy vierde digbundel, Vyf kleur blou, ʼn verkenning van die resonansies van blou, het in 2023 verskyn, ook by Naledi.

 

 

Vloed

reën val al heeldag  sif soms
fyntjies-fyntjies neer nouliks voelbaar
op die wang  of stort andersins neer
soos nou  watergeluide klots spoel
plas suis drup oral ʼn wêreld van reën
gorrel guts spoel klater  maak mens
bang dat dit nooit gaan ophou nie
alles gaan oorspoel soos met Noag se vloed
en almal sal verdrink  verskriklike
versmorende dood  hoeveel angs voordat
jou long en maag vol water is en jy versmoor
hoe lank sal dit vat? vyf, tien minute?

reën nou sagter  druppels plens water loop
klots plons spat borrel  eers styg
die angs jou om die hart  jy probeer desperaat
asem kry  versluk spartel dom  is dit
verby jy gee jou oor asem die water
in  gee jou oor aan ʼn ander medium
verloor jou bewussyn sluk vir sluk
liggie vir liggie tot net ʼn donker watergraf
oorbly  swart water swart bewussyn
geen lig  dood  of spook en spartel jy
tot op die laaste  tot jou kragte
jou begewe  spiere verslap  wil uitdoof
jy roerlose materie word
dalk nog dryf in ʼn donker medium
waaruit jou longe geen suurstof kan haal nie

gesuis van die reën nou net ʼn fyn gefluister
hier en daar ʼn gedrup  ons is gespaar

guts borrel klater drup plens spoel verdrink ek
in jou groot water  see  waterwêr-ek waterwerk

 

© Hein Viljoen / 2017

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d