Hennie Meyer

Hennie Meyer

Hennie Meyer matrikuleer in 1989 by Hoërskool Die Wilgers in Pretoria. In die laaste dekade het hy hom as digter van konkrete poësie in die Afrikaanse literêre sisteem gevestig. Van sy gedigte is gepubliseer in die bloemlesing Nuwe Stemme 4 (2010) asook aanlyn op Versindaba, LitNet en Ons Klyntji

Hy hou sy eerste uitstalling van sy konkrete poësie in 2008 by die Tina Skukan galery in Pretoria.

In 2009 neem hy deel aan die projek “oor die einders van die bladsy” van die Noordwes Universiteit in die maak van kunstenaarsboeke en in 2012 neem hy deel aan die Melville Poetry Festival met sy uitstalling ‘Winkel van Wanklanke’.

Winkel van Wanklanke is sy debuutdigbundel.

Hennie werk by Unisa se dokumentasie afdeling.

 

 

                                                    RONDEEL ONDERDEEL

 

                                    AS EK TOT SPROKIES EN SPOKIES BEHOORT

 

                                   KAN JY OORDELEND

                                   SOOS ‘N ONDERLONDONER

 

                                   RONDELE OOR OORLEDENE

                                    SE RONDE DELE EN ONDERDELE

 

                                   OP MY GROF GRAF GRIF

 

 

                                   

 

 

 

Bookmark and Share
  •