Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Jennifer Pape

Jennifer Pape is gebore op Hennenman in die Vrystaat. Sy verwerf ’n BSc-honneurs in Geologie aan die UOVS en later ’n MSc in Geochemie by Wits.

Sy skryf sedert haar studentejare gedigte, maar begin eers ernstig dig nadat sy die Stomme Jonge-digklub in Stellenbosch gestig het. Sy publiseer ’n handvol gedigte in Ons Klyntji en behaal die tweede plek in die Afrikaanse afdeling van die 2022-Avbobpoësiekompetisie. In 2025 verskyn haar debuutbundel,  waar daar eens ‘n see was, by Turksvy Publikasies.

Sy is die webontwerper vir New Contrast Literary Magazine, en versamel graag boeke en plastiekdinosourusse. Jenny bly in Fisherhaven saam met haar lewensmaat, Susan, en kunstenaardogter, Maya.


 

die loch ness-monster bestaan nie

 

nadat ’n onduidelike swart-en-wit-foto met die opskrif:

        die loch ness-monster bestaan!

in die huisgenoot verskyn

kry ek ’n brandende begeerte om nessie te sien

maar volgens die skool-atlas is skotland ver en vreemd

 

ek beplan dus tussen aardrykskundeklas en koor

hoe ek eendag gaan kamp langs urquhart-kasteel

op ’n rots vir haar wag totdat sy haar lang nek bo die water uitsteek

en haar groot kalfsoë nuuskierig na my kyk

nie ’n monster nie

maar ’n anderste dier met ’n fluweelsagte pels

haar subsoniese gesang ’n ligte vibrasie in my bors

 


 

kreefduik in bettiesbaai

 

ek dryf deur die seewier

wat oerwouddonker saam

met die see swiep

water glip glad deur

my neus en vul

my longe

swaar en dig

dit vat vyf minute om

tot op die bodem

te daal waar krewe

behendig rondskarrel asof water

lig is soos daarbo waar voëls

vlieg en kinders sandkastele

bou    my hande

het nog nie vinne

ontwikkel of spane

geword soos pikkewynvlerke nie    my voete

skop lomp om weg

te vlug van bloublasies wat meters

brandende slierte deur die water

trek     en in my hare

verstrengel

soos medusa

 


 

langs die see een oggend

 

die mis kruip langs die duine op

los blinkerjies water op die bitou en slangbos

twee seemeeue kras ’n duet vir die koue benguela-see

 

die koraalpienk seester se duisende suiertjies voel eers rots

dan skulp dan stukkie bottelgroen glas met die sweempie bloed

van my voetsool

sy huiwer

tas rond tot die rooi ink verdwyn

glip weg in ’n poel

 

oor ’n maand of ’n jaar sal die glasskerf verweer

tot sagte onskadelike kante

meer pastelgroen as smarag

onherkenbaar deel van die klippertjiestrand

langs die koue benguela-see

 

©Jennifer Pape / 2025

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d