Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Johannes van Eeden

Johannes van Eeden

Johannes van Eeden is op 5 Oktober 1967 in Humansdorp gebore en word groot op Stellenbosch. Hy gaan skool in Wynberg en matrikuleer later in Oudtshoorn. Sy pa was ’n dominee en hulle het daarom redelik baie rond getrek soos die beroepe hom gelei het.

Van Eeden dig en skryf musiek reeds van skooltyd af. Hy studeer later musiek en tale aan die Universiteit van Stellenbosch met hooffokus op komposisie en wen ook verskeie eerste pryse vir sy werk. Hy verlaat Suid-Afrika voor die voltooiing van sy studies (’n Duitse meisie) en spandeer tyd in Europa. Diensplig daarna is salf vir die verlore liefde.

Van Eeden begin later Obelisk, ‘n organisasie ter bevordering van nuwe musiek, en gee ook die Obelisk tydskrif uit. Gedurende dié tyd gee hy verskeie uitvoerings en opnames in die Staatsteater en by ander noordelike venues en werk ook vir ’n tyd as musiekresensent vir die Beeld. Hy werk onder andere ook by Exclusive Books en daarna by UNISA om die pot aan die kook te hou. Van Eeden begin ook ’n bemarkingsbesigheid wat na ’n aantal jare goeie sukses bereik. Hy tree af op die ouderdom van 26 en trek terug Stellenbosch toe om op kreatiewe werk en die internet en sagteware-ontwikkeling te fokus. In 2001 begin hy saam met sy broer Jaco die Humanstate Groep (o.a. die besighede GivenGain & PayProp). Hy verhuis in 2009 na Switserland en vestig die GivenGain Stigting in Villars-sur-Ollon en brei die PayProp besigheid uit na Engeland, Kanada & die VSA.  Van Eeden is getroud met Saskia Wicomb en woon tans in Switzerland, Frankryk, & Malta.
Sy debuutbundel, Die Val/The Fall, verskyn in 2018 by Naledi en bevat Afrikaanse gedigte met Engelse vertalings deur Michiel Heyns.

 

Sy spore wys terug maar die broue beur vorentoe gekrul, hy het opgestaan & die vallende gedagtes in herinnering gestapel terwyl die wind lakens deur die sloop van haar dye skeur & die gekleurde vissies & vlak woorde glibbend in die voue van haar benerige vingers poel, sout in die mond, die tart & vul van leemtes gelaat deur vorige geliefdes, die teenwoordige afwesiges, die smaak van ryp & wit skeidings, die af & opofferings, die vangs, hy het opgestaan met die eerste lig van haar wenkbrou bo die branders se volgehoue voort & die veraf strome ingetrek soos met ’n net, ’n miskien, ’n amper, byna, hy het opgestaan & reggemaak vir die belydenis van sy onvoorwaardelike angs.

—–

Die broos vel, die klein moesie onder die linkertepel, die nat spoor rankend teen die bobeen, die klimop, die vervlegde eensaamheid, die verte, die frons, die tong in diep plooie verval, die tone vorentoe gekrul, die stywer kuit, die rug se buig, die bewuste stadiger beweeg, die heupe se lig, die poging tot uitstel, die einde se inhaal, die koms, die stilstand van die son, die lyfloosheid, die bewuswording, die hakskeen wat ontspan, die uittrek, die omrol, die vrede, die skuld, die volgende, die beweging, die lig deur gordyne, die sy, die bene ontknoop, die toetrek & opstaan & bedekking & kosmaak & kinders, die koue nakoms, die plig.

 

© Johannes van Eeden / 2019

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d