Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Marthé McLoud

Marthé McLoud is op 12 Maart 1964 op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword.  Sy het in 1985 haar BA-graad in Maatskaplike werk behaal en in 1989 haar MA-graad in Maatskaplike werk met lof geslaag.  Sy het vir 25 jaar as maatskaplike werker in Pretoria en in Somerset-Wes gewerk.  Sedert 2018 is sy afgetree en woon in die Strand.

Verskeie van haar gedigte en kortverhale is op Litnet gepubliseer.  In 2017 was sy een van die 24 skrywers wie se kortverhaal opgeneem is in Stellenbosch Woordfees se kortverhaalbundel, WYS.

In 2016 behaal sy ‘n tweede plek in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se nasionale gedigtekompetisie en verskyn haar gedig in Inkvars.

In 2017 word ses van haar gedigte in die digbundel, Nuwe Stemme 6, wat deur Tafelberg uitgegee is, opgeneem.  Een van haar gedigte het ook in 2018 in New Contrast verskyn.

Met die jare is verskeie van haar gedigte op Versindaba en in die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology gepubliseer.

Vanaf 2017 tot 2025 verskyn van haar gedigte in verskeie hoofstroomversamelbundels, naamlik Nuwe Stemme 6, die grendeltydbloemlesing Maskers en Mure, die mediese poësieversamelbundel Flikkergram, asook die versamelbundel, Merang, een van die Afrikaans 100-projekte.

In 2025 verskyn haar debuutbundel Ontbloot by Turksvy Publikasies.


 

Werkdag

 

Na George Milwa Mnyaluza Pemba se The Road Diggers

 

Met hulle oë op die grond gerig

lig die mans in een beweging saam

­- soos in ’n massavertoning –

die pikke hoog bo hulle koppe.

Hulle knipmes op en af in stilte

hulle arms en rûe is gehoorsaam.

 

Die pikke sing ritmies hulle eie lied

terwyl hulle die aarde oopkloof.

Die reuk van vars grond styg op

en klonte grond en klip verkrummel

voor voete. ’n Skaduwee-man met ’n stok

hou hulle dop – moontlik die voorman.

 

Die werkers se rûe raak kromboompies

hulle voete geankerde wortels in stadsgrond

en hulle arms gespierde takke terwyl hulle harte

op die maat van die pikslae teen hulle ribbes klop

en hulle lywe soos chlorofil die sonlig absorbeer

om te bot en hulle arbeidsvrug huis toe te stuur.

 

Na ’n dag se werk raak hulle asemhaling

sag soos die vlinderslag van ’n mot,

was die werkers sweet en spiere skoon

en keer terug na hulle enkelmatras

om môre voor dagbreek weer op te staan

en die grond verder in stukke te slaan.

 

©Marthé McLoud, 2025

https://www.straussart.co.za/auctions/lot/389-27-may-2025/249

 


Spreekkamer

 

Voor hom sit ’n donkerbrilvrou

met haar arms gekruis.

’n Syserp is soos ’n luislang

om haar nek gevou.

 

Haar hande praat

in ’n bewe-taal

terwyl sy die serp

stadig afhaal.

 

Sy kyk af na die bruin mat.

Dan trek sy haar mou op,

lig haar sonbril

en wys hom die blou.

 

©Marthé McLoud, 2025

 


That’s Not a Crumb, It’s a Tiny Chameleon

The New York Times, 20 Februarie 2012

 

Haar voete is twee trapsuutjies.

Hulle wik en weeg na vastrapplek op die grond

een ogie rol kleurklasie rond.

 

Haar tong is ‘n klipstapel in ‘n grot.

Vir jou het ek ‘n “ek is oek important”-wens

klein onvolmaak geskape mens.

 

©Marthé McLoud, 2025

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d