George Louw is in 1939 op Sutherland gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Hy sit sy studies aan die Universiteit van Kaapstad voort en bly aan as junior dosent.
Sy uitgewersloopbaan het by Tafelberg begin. In 1991 is hy as hoofbestuurder van J.L. van Schaik aangestel, ’n betrekking wat hy tot sy aftrede in 1998 beklee het.
As jong digter het George drie bundels die lig laat sien, naamlik Trekpad (1957), Koggelstok (1963) en Opstand verby (1969). Koggelstok is in 1965 met die Eugène Marais-prys bekroon.
Drie dramas, het ook uit sy pen verskyn. ’n Skip is ons beloof is met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon. Sy vierde bundel, Kraai, verskyn in 2006 by Human & Rousseau.
1e kommentaar op “george louw”
Kommentaar is gesluit.