Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

george louw

 

George Louw
George Louw

George Louw is in 1939 op Sutherland gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Hy sit sy studies aan die Universiteit van Kaapstad voort en bly aan as junior dosent.

Sy uitgewersloopbaan het by Tafelberg begin. In 1991 is hy as hoofbestuurder van J.L. van Schaik aangestel, ’n betrekking wat hy tot sy aftrede in 1998 beklee het.

As jong digter het George drie bundels die lig laat sien, naamlik Trekpad (1957), Koggelstok (1963) en Opstand verby (1969). Koggelstok is in 1965 met die Eugène Marais-prys bekroon.

Drie dramas, het ook uit sy pen verskyn. ’n Skip is ons beloof is met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon. Sy vierde bundel, Kraai, verskyn in 2006 by Human & Rousseau.

 

Lyflik

 

Die gees is altyd koel,

die lyf soek meer:

somers is dit waaiers,

air-con, ysverpakking,

als wat velbederf kan keer –

 

en in die winter

ietsie warms, ietsie meer,

mensgemaak, en bygevoeg

na smaak: elektriese komberse,

wolkraagmantels,

balaklawas,

dalk ’n dop –

 

Dat ons, eteries saamgestel,

nou so volkome aards

en lyflik swak, teen als

wat brand en vries

bly skop.

 

 

Uit: Versindaba 2006. Marlise Joubert (samesteller), Protea Boekhuis, 2006

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “george louw”

  1. Pingback: George Louw (1939–) | LitNet

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III
  • Nuwe Bundel. Jeanne Henning Els: Vlerke is vir vlieg

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d