Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Gerhard Barkhuizen

Gerhard Michael Barkhuizen (09-01-1956) is gebore in Knysna in die Wes-Kaap. Hy is ’n afgetrede sielkundige en was hoof van die Psigo-opvoedkundige komponent in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik. Tans is hy woonagtig in Worcester.

Hy behaal sy MA & PhD in Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en die Vrystaat onderskeidelik. In 2018 voltooi hy ook ’n MA in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van prof. Joan Hambidge.

Die kunste in die breë sin was nog altyd een van Barkhuizen se aktiewe belangstellings, veral toegepaste kuns soos beeldhouwerk en digkuns. Sy avontuurlustige kant is lief vir reis en deelname aan sport, veral fietsry.

Sy debuutbundel, Smee (2021), spruit uit die MA in Kreatiewe Skryfwerk. As deel van die kursus is die samehang en wisselwerking tussen die kunste as onderwerp gekies. Daaruit het verskeie ekfrastiese verse gevolg. Ook ’n aantal outo-ekfrastiese verse. Soms inspireer ’n kunswerk die uitvoering daarvan in ’n gedig, soms gebeur die teenoorgestelde. Dus (be)leef hy die wisselwerking tussen verskillende kunsvorme akuut en dien dit as wedersydse inspirasie.

Strik (2024) volg op Smee met ’n bondiger (en effe ligter) aanslag. Die poging/doelwit was om menswees deur verskeie fases met kort gedigte (meesal kwatryne) weer te gee.

Beide bundels is deur Turksvy Publikasies uitgegee met Daniel Hugo as redakteur.

Die beeldhouwerk wissel spontaan af met die skryfwerk – en dieselfde soort dissipline en toewyding word vereis om ’n afgeronde produk daar te stel.

Uiteraard skep die lewe in die geheel die raamwerk waarbinne die digkuns figureer, en word die Sielkunde as beroep ook tesame met ander temas in beide bundels  belig.

Publikasies:

Smee (2021)

Strik (2024)

AVBOB poësiekompetisie (verskeie gedigte)

AVBOB poësiekompetisie (opdraggedig vir bloemlesing)


 

Herlewing

 

die ou kaai in die Strand

se pote staan verweer

in klam laagwatersand,

dra geen voetverkeer

 

verslete balke in ‘n ateljee

onder die kunstenaar se hand

gevorm tot ode aan die see:

as vaartuig uitgestal op land

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d