Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Hendrik J. Botha

Hendrik J. Botha gebore in 1958 en word groot op Westonaria aan die Wesrand. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom en studeer daarna medisyne aan die Universiteit van Pretoria en behaal later ook ’n meestersgraad in Huisartskunde.

In Januarie 1993 begin spesialiseer hy in narkose in Bloemfontein en sedert 1997 praktiseer hy as spesialis narkotiseur, die laaste twaalf jaar in Pretoria. Vanaf 2011 tot 2013 voltooi hy ’n M.A.graad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Joan Hambidge.

Hy debuteer in 2015 met die bundel Atropos (Queillerie) wat opgeneem word as deel van Die RSG kunstefees in 2015 en gekortlys word vir die Ingrid Jonkerprys in 2017. Hy volg dit op met ’n tweede bundel, Voorspraak (Naledi) in 2019. Een van sy gedigte word opgeneem in die bloemlesing, Maskers en Mure (Turksvy) in 2021 en ’n handvol van sy gedigte veskyn in New Contrast en op Versindaba webblad.

Hy woon tans op ’n kleinhoewe aan die oostekant van Pretoria teen die hang van die Bronberg.

Opsommend en ten besluite: Hy skryf biografieë of profiele oor homself net soos hy gedigte skryf, spaars en met moeite.


 

Ter wille van die gode

 

Die Rig Veda, weet te leer,

van Indra, god van water, donder en reën

deur die Aryans tot opper-god verhef.

 

Op die rug van ‘n olifant ry hy die heelal binne,

bespied met duisend oë die einders vir reën,

water, iets om te plunder.

 

Diegene wat weet fluister met oë groot

dat hy ‘n duisend testis onder sy jurk versteek

en ek gee onvoorwaardelik gelyk: enige wese só bedeeld,

 

wydsbeen op ‘n olifant sonder om te gryns of grim

verdien om as ‘n opper-god beskou te word

deur man en vrou en die hele gender-santekraam.

 

© HJB 01/2022

 


 

Covid 19

in gesprek met Elisabeth Eybers

 

Hoe sou jy, meesteres van die sonnet

dié pandemie in veertien strak reëls

vir ons beskryf: onsigbare vyand

wat sweef, selfs in voue  van ons klere skuil?

Vlermuise en ietermago’s bly ongedeerd.

In ICU newelagtig tussen

beddens, kabels, pype ‘n fyn balans,

gesuspendeer iewers tussen dood en lewe

met suurstof onheilspellend laer

probeer ek tevergeefs my weergawe

op te teken, terwyl jy elders

op ‘n bankie huiwer: met ‘n glimlag

en dalk ‘n koppie tee om namens  my

die slot van dié gedig te skryf.

 

© Hendrik J Botha, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d