Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Hilda Smits

Hilda Smits is in Potchefstroom gebore maar trek gereeld as kind en woon onder andere in Venterskroon, Parys, Hoedspruit, Thabazimbi, Rustenburg, Klerkskraal, en Welverdiend.

Na skool werk sy vir ’n jaar as ’n ontvangsdame by ’n hospitaal. In 2001 verhuis sy na Engeland op ’n working holiday visa waar sy onder andere parsnips pak in Ipswich, in ’n ouetehuis werk in Taunton, en hotel kamers skoonmaak op die Isle of Man. Sy bevind haarself uiteindelik in Londen en verwerf in 2009 ’n BSc-graad in Sielkunde aan London Southbank Universiteit. Sy verhuis in 2013 na Nashville, Tennessee en verwerf in 2016 ’n Meestersgraad in Psigoterapie aan Vanderbilt Universiteit. Sy praktiseer tans as psigoterapeut in Philadelphia.

Van haar gedigte verskyn in New Contrast, Vonkverse, Nuwe Stemme 5, en Vers en Vrou. Sy debuteer in 2016 met die bome reusagtig soos ons was, en word met die Ingrid Jonker Prys vereer. In 2021 verskyn haar tweede digbundel, mag die diep slaap jou dan.

 

toe die vliegtuig lig

die grond minder raak

en minder

raak

die halfdonker ons oorval

soos ’n skip

wat die water breek

sonder ’n kaptein

sien ek my ma haar bakkie

’n rooi stofstreep trek oor die land

die grond minder raak

en minder

raak

die enjin brul soos ’n miljoen

hartseer hane

word ons so lig soos vuurhoutjies

krimp sy tot ’n spikkel

behalwe vir

haar groot hande

hulle waai en huil soos wolwe

 

(Uit: die bome reusagtig soos ons was, Protea Boekhuis, 2016)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d