Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Juanita Louw

Juanita Louw het grootgeword in die Vrystaat. Sy werk vir geruime tyd in ’n hospitaal in Londen se Ooseinde. Deur die jare werk sy ook met antieke juweliersware en gee Engelsklasse aan buitelanders. Sy is tans praktykbestuurder vir ’n sielkundige in Kaapstad.

In 2014 voltooi sy ’n M.A.-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.   Haar debuutbundel, In die grot van die sibille, verskyn in 2016.

In 2020 word haar gedigte ‘naweek’ en ‘Altaar’ in Vers en vrou opgeneem. Van haar gedigte is voorheen in New Contrast en Stanzas gepubliseer.


 

Berk en been

’n Fabel

 

In die holte van ’n berk

vind ek ’n ring: band van been,

maanwit juweel uit hout gekerf.

 

Ek glip dit aan my vinger:

die beenband omvorm tot mondkring,

juweel tot oogalbaster.

 

Ek voel dit begin by my oorskulp:

arms word takke; bene, wortels.

In die mik hang ’n blink vrug.

 

Wyer en wyer rek my kake:

my verhemelte is die nagkoepel,

tande verander in gesternte.

 

Ek sluk die maanvrug in:

my maag swel en swel, maak ’n dop

en breek oop: in die holte vind ek ’n ring.

 

(In die grot van die sibille, Quellerie, 2016)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d