Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Karen Kuhn

Karen Kuhn was betrokke by die Afda filmskool in Kaapstad waar sy o.a. klasse in die skryf van ’n draaiboek aangebied het. Sy het haar MA in Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Die akademiese besinning het gehandel oor die alchemistiese transformasie wat in enkele gedigte van Sheila Cussons plaasvind, hierdie proses is gekoppel aan die hand van C. G. Jung se teorie. Meeste van die verse in haar debuutbundel, Ingeboek, is dan ook tydens die periode geskryf.

Van haar gedigte word opgeneem in Versindaba 2010 en Pomp II.  In 2020 word haar gedig ‘Frokkie’ in Vers en vrou opgeneem. [4]

Sy vertrek in Maart 2012 na Poznań in Pole toe waar sy Afrikaans en Afrika Studies by die Adam Mickiewicz Universiteit gaan doseer en ook terselfdertyd inskryf vir haar Ph.D.


 

My adres

 

My vinger volg die letters:

D E N M A R

op die kussingsloop,

pantoffeltreë sleep

gangaf en iewers

lui ‘n badtydklok.

 

Maar vanaand ontsnap

ek in my aandrok

na buite, ek knik

en kla oor rentekoerse,

wonder oor Plett-pryse

en wat haar eintlike gewig is.

 

Terug onder kliniese lakens,

tussendeur saalgeluide

en verdoofde denke

is ek mal

daaroor om letters

te skok en te doseer:

Myself te sertifiseer.

 


 

Op parool

 

In hierdie Crescent Clinic

word ek daagliks geleer

om te weet:

Staan soggens op,

wees betyds,

trek paslik aan,

slaap 8 ure,

eet drie maal.

Bestuur jou lewe

matig en gebalanseerd.

 

Met ontslag, leer

my tog die waansin

in die woorde: Ek wéét.

 


 

Fotograaf

 

Jy is ‘n album

wat my foto’s dra,

ek blaai terug

verby verlore aande

met swak beligting

en rooi oë tot ek

weer sien:

By geboorte

word ‘n kamera

vir my geskenk.

 

Jy het nog oop bladsye,

ek kan nou self besluit

hoeveel lig in môre

se donker moet ontwikkel.

 

(Gedigte uit: Ingeboek, Griffel, 2012)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d