Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

m m walters

M.M. Walters
M.M. Walters

M.M. Walters is in 1930 op Moorreesburg gebore en matrikuleer aan die Hoër Jongenskool Wellington. Hy studeer aan die Universiteite van Kaapstad en Suid-Afrika en doseer Afrikaans en Nederlands aan die Graaff-Reinetse en Paarlse Onderwyskolleges en die Universiteit van Kaapstad. Walters woon in Simonstad.

Sy eerste gedigte is in Standpunte gepubliseer en later saamgevat in die bundel Cabala, waarvoor hy die Eugène Marais-, Ingrid Jonker- en W.A. Hofmeyr-prys ontvang. Daarna volg nog vyf digbundels waarvan die laaste een Satan ter Sprake is. Walters publiseer verskeie dramas, waaronder Die vroue van Kores en Die wingerdstok sal rank en die bundel satiriese essays, Saturae. Benewens vertalings uit Vergilius, publiseer Walters ook Shi-ching: Liedereboek (2003), ‘n keur uit die Chinese poësieskat, en Aki no kure: Herfsskemering (2006) uit die Japannese digkuns. Walters publiseer ook drie koffietafelboeke met gedigte en foto’s uit die streke van die Swartland en Weskus. Die jongste bundel Braille-briewe, verskyn by Protea Boekhuis in 2011.

 

 

 

 By Sutherland volg die grootoog

die planete soekend in hul baan:

Iewers moet ‘n sterreweg loop

waarlangs die mens kan huis toe gaan.

 

Maar tevergeefs: Die pad bly toe,

al word hy eeue lank al stof gebid

deur wiggelaars wat “sterrekundig”

toe-oog in hul torings sit.

 

Bínnetoe, mense, jul moet bínnetoe,

jul kyk in leë beloftes vas.

Die padkaart-praatjies wat jul volg,

kan net maar in die verbeelding pas.

 

Soek bínnetoe, diep in die éie oog

se donker onbekende agterin:

dis waar die mens se heimwee

en sy sterredroom begin.

 

Uit: Versindaba 2007, Marlise Joubert [samesteller], Protea Boekhuis, 2007

(Verse van MM Walters is deur die woordekunstenaar, Johann Nel, tydens Versindabas voorgelees.)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Wenners van die kompetisie: “Die gees van die avontuur”
  • Stefanus S. Vivier. Reisiger
  • Uitnodiging na die ATKV-digskool 27 – 29 Maart 2026
  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d