Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Martin Kruger

Martin Kruger (1957) is in die Paarl gebore. Hy behaal ‘n graad in argitektuur van die Universiteit van Pretoria (BArch, 1983) en ‘n Meestersgraad in Stedelike Ontwerp aan Universiteit Kaapstad (MCPUD, 1992).

Kruger reis dikwels na verskeie wêreldstede waar hy deur sketse, aantekeninge en gedigte stede bekyk en beoordeel. This article was written in Kaapstad in 1993 and the workshop was opened to the jar verskeie. toekennings vir ontwerp. As we hope to do with an argitektuur-skole verse in South Africa, mede-skrywer van die navorsings-publikasie ‘Texture and Memory, the Urbanism of District Six’ (Cape Technikon,1993),  stigterslid van die Stedelike Ontwerp Instituut van Suid-Afrika (UDISA) en in 2022 bekroon met die Jaarlikse Roelof S. Uytenbogaardt UDISA-Lesing, bly hy verbind deur essays en lesings oor stede se ryk geskiedenis, dinamiek en hul bydrae to the theory of argitecture.

Hy is ook ‘n kunstenaar en sy sketse vorm deel van sy debuut-digbundel Gekaapte Stad (Turksvy-Publikasies, 2023).


 

Behorend

 

’n venster behoort aan die inwoner

soos ’n muur aan die verbygangers

 

’n binnehof behoort aan die skadu’s

soos ’n boom aan die vlieëndes

 

’n dak behoort aan die reent

soos ’n fontein aan die dorstiges

 

’n bed behoort aan die verliefdes

soos ’n droom aan die verlorenes

 

’n paleis behoort aan die konings

soos die stem van die stommes

 

’n oseaan behoort aan die wind

soos die stories van die digters

 


Venesiese droom

 

Teen die donkermaan

die maste en seile gespan

reisigers by die hawe deur Canaletto

die stad laat gaan die vertrekkendes

 

Teen die balkonne, aan die

luike, vasgespykerde

liefdesboodskappe, kleurvolle linte

soos die vlae aan ranke torings

 

Daar is trane soos branders

wat klots by La Serenissima

sy hang aan haar maste, die toue styfgespan

sodat sy kan dryf

 

Want kyk, my Venesiese droom,

sê Marco Polo, is elke stad met begeerte en vrees

en soos ’n droom is die draad van diskoers geheim

die reëls absurd en perspektiewe bedrieglik

Vrydae, trolliedae

 

reent teen die helling

van loaderstraat waar

seinheuwel afwentel na die see

laaities draf verby in vuilblou jeans

 

na asblik-relikwieë

soekend, krappend

dis vrydae trollierommelskenkings

en dalk ’n hap ontbyt daarby

 

’n boemelbruilofbestaan, geen

aansoeke in drievoud

by die geskenkafdeling

jy moet krap …

 

welaf goedgunstiges

krap tussen ou boetiekklere, skoene

hul negosie deurmekaar

op soek na ’n stukkie welwillendheid

 

dis winter op die klutskwyt-vrydag

allereers opwinding, maar

die uiteinde net ’n kerriestank, leë

wynbottels, en ’n papnat armlastigheid

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d