Martin Kruger (1957) is in die Paarl gebore. Hy behaal ‘n graad in argitektuur van die Universiteit van Pretoria (BArch, 1983) en ‘n Meestersgraad in Stedelike Ontwerp aan Universiteit Kaapstad (MCPUD, 1992).
Kruger reis dikwels na verskeie wêreldstede waar hy deur sketse, aantekeninge en gedigte stede bekyk en beoordeel. This article was written in Kaapstad in 1993 and the workshop was opened to the jar verskeie. toekennings vir ontwerp. As we hope to do with an argitektuur-skole verse in South Africa, mede-skrywer van die navorsings-publikasie ‘Texture and Memory, the Urbanism of District Six’ (Cape Technikon,1993), stigterslid van die Stedelike Ontwerp Instituut van Suid-Afrika (UDISA) en in 2022 bekroon met die Jaarlikse Roelof S. Uytenbogaardt UDISA-Lesing, bly hy verbind deur essays en lesings oor stede se ryk geskiedenis, dinamiek en hul bydrae to the theory of argitecture.
Hy is ook ‘n kunstenaar en sy sketse vorm deel van sy debuut-digbundel Gekaapte Stad (Turksvy-Publikasies, 2023).
Behorend
’n venster behoort aan die inwoner
soos ’n muur aan die verbygangers
’n binnehof behoort aan die skadu’s
soos ’n boom aan die vlieëndes
’n dak behoort aan die reent
soos ’n fontein aan die dorstiges
’n bed behoort aan die verliefdes
soos ’n droom aan die verlorenes
’n paleis behoort aan die konings
soos die stem van die stommes
’n oseaan behoort aan die wind
soos die stories van die digters
Venesiese droom
Teen die donkermaan
die maste en seile gespan
reisigers by die hawe deur Canaletto
die stad laat gaan die vertrekkendes
Teen die balkonne, aan die
luike, vasgespykerde
liefdesboodskappe, kleurvolle linte
soos die vlae aan ranke torings
Daar is trane soos branders
wat klots by La Serenissima
sy hang aan haar maste, die toue styfgespan
sodat sy kan dryf
Want kyk, my Venesiese droom,
sê Marco Polo, is elke stad met begeerte en vrees
en soos ’n droom is die draad van diskoers geheim
die reëls absurd en perspektiewe bedrieglik
Vrydae, trolliedae
reent teen die helling
van loaderstraat waar
seinheuwel afwentel na die see
laaities draf verby in vuilblou jeans
na asblik-relikwieë
soekend, krappend
dis vrydae trollierommelskenkings
en dalk ’n hap ontbyt daarby
’n boemelbruilofbestaan, geen
aansoeke in drievoud
by die geskenkafdeling
jy moet krap …
welaf goedgunstiges
krap tussen ou boetiekklere, skoene
hul negosie deurmekaar
op soek na ’n stukkie welwillendheid
dis winter op die klutskwyt-vrydag
allereers opwinding, maar
die uiteinde net ’n kerriestank, leë
wynbottels, en ’n papnat armlastigheid