Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Tertius Kapp

 

 

Tertius Kapp

Tertius Kapp het in Kaapstad skoolgegaan. Hy studeer aanvanklik BA en toe B.Sc aan die Universteit Stellenbosch. Hy behaal eers sy B.Sc honneurs-graad en later ook ‘n MA in Kreatiewe Skryfkunde onder leiding van Prof Marlene van Niekerk.

Van sy gedigte word opgeneem in versamelbundels soos Uit die stof die see … , Nuwe Stemme 2 en Die Groot Verseboek.

Tertius is ook ‘n dramaturg, regisseur, en draaiboekskrywer.  Hy het die regie waargeneem van onder andere De Familie Wagenaer, Skroothonde, Sielsiek, en Harmse. Hy is veral bekend vir sy verwerking van Dis ek, Anna vir die grootskerm. In 2016 word dit bekroon met ses Safta-toekennings, onder andere vir beste vollengte rolprent. Sy toneeltekste Rooliand en Oorsee word in 2015 bekroon met die Hertzog prys vir Drama.

Tans woon hy in Johannesburg en is ’n vryskutskrywer.

Besoek gerus sy webtuiste vir meer inligting oor sy werk.

  

  

Die Kannibale

 

Elke oggend uit sedanmotors

ruk hulle ‘n realiteit van die lamppale

(kannibale wat hulself uitkak in longdrops

waar die maaiers beroepswedders word

vir die wêreld se bitter beker).

 

Supermodelle vir ontbyt.

Botterbroodjies met vrees.

Asem ‘n woordaarde in met spitsverkeer

wat ontaard in koolsuurkanker vir die toekoms.

En ten minste reën dit die laaste tyd.

 

Gelukkig is ek net ‘n posduif na die kernoorlog.

En ek weier om my vreugdes te knip.

 

Solank my arm vriende lag

en my bloed vergiftig bly,

solank daar iets is om te haat, en iets om lief te hê

 

sal ek wag. Tot die strooitjie op my val

tot honger die droefheid oorkom

en dan

begin by my hande.

 

© Tertuis Kapp – Maart 2009

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d