Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Tertius Kapp

Tertius Kapp het in Kaapstad skoolgegaan. Hy studeer aanvanklik BA en toe B.Sc aan die Universteit Stellenbosch. Hy behaal eers sy B.Sc honneurs-graad en later ook ‘n MA in Kreatiewe Skryfkunde onder leiding van Prof Marlene van Niekerk.

Van sy gedigte word opgeneem in versamelbundels soos Uit die stof die see … , Nuwe Stemme 2 en Die Groot Verseboek.

Tertius is ook ‘n dramaturg, regisseur, en draaiboekskrywer.  Hy het die regie waargeneem van onder andere De Familie Wagenaer, Skroothonde, Sielsiek, en Harmse. Hy is veral bekend vir sy verwerking van Dis ek, Anna vir die grootskerm. In 2016 word dit bekroon met ses Safta-toekennings, onder andere vir beste vollengte rolprent. Sy toneeltekste Rooliand en Oorsee word in 2015 bekroon met die Hertzog prys vir Drama.

Tans woon hy in Johannesburg en is ’n vryskutskrywer.

Besoek gerus sy webtuiste vir meer inligting oor sy werk.


 

Die Kannibale

 

Elke oggend uit sedanmotors

ruk hulle ‘n realiteit van die lamppale

(kannibale wat hulself uitkak in longdrops

waar die maaiers beroepswedders word

vir die wêreld se bitter beker).

 

Supermodelle vir ontbyt.

Botterbroodjies met vrees.

Asem ‘n woordaarde in met spitsverkeer

wat ontaard in koolsuurkanker vir die toekoms.

En ten minste reën dit die laaste tyd.

 

Gelukkig is ek net ‘n posduif na die kernoorlog.

En ek weier om my vreugdes te knip.

 

Solank my arm vriende lag

en my bloed vergiftig bly,

solank daar iets is om te haat, en iets om lief te hê

 

sal ek wag. Tot die strooitjie op my val

tot honger die droefheid oorkom

en dan

begin by my hande.

 

© Tertuis Kapp – Maart 2009

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d