Diana Ferrus. “Innige medelye”
Monday, February 21st, 2022
“Innige medelye”
met die ontmoeting
steek ons elmboё uit
masker-vas
tree nader
en spring weer teru
uitasem sệ ons tegelyk
“innige medelye”
in hierdie tyd
loop ons
beklemming om die hart
desperaat vir aanraking
moet ons vergeet van eie-rou
ons steek elmboё uit
masker-vas
tree nader
en spring weer terug
“innige medelye”
die mantra van die eeu?
Hierdie gedig – ’n inskrywing vir die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie – is in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer, en word herpubliseer met toestemming van die AVBOB Poësieprojek. Klik hier om toegang tot meer as 17 000 gedigte in al 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale te kry: https://www.avbobpoetry.co.za/Poem/ViewAll