Die grense van liefde Ek duik die singende blou lug in oneindig in jou oë, trek die somerasem in vanaf jou bors. Ek lei my oor tot digby jou altyd-geselsende hart. So naby is ek om te begryp wat jou heldervloeiende rooi woorde inhou, die bloeiende roos, my liefling, van jou lippe vorm die grense…