Wat het ek misgevaar, verbygeseil? (Rosa Smit: Die rooi veer in Vasco se hoed; Rosslyn-Pers, 2014; ISBN 978-0-9921978-9-6) Resensent: Joan Hambidge I In sy uitgebreide studie oor die digkuns Mirakel en muse (Perskor, 1983) skryf Henning Snyman sinryk oor die betekenis van implikasie. Daardie stilswyende gevolgtrekking wat nie duidelik uitgedruk is nie…