Op die webtuiste van The Oxford Student is daar ‘n besonder interessante onderhoud wat deur Jessica Campbell gevoer was met Geoffrey Hill, die teenswoordige Oxford Professor of Poetry. In haar inleidende kommentaar stel Campbell dit onomwonde dat hierdie nié ‘n maklike onderhoud was nie. Veral Hill se puntenerigheid en taktiese vermyding van direkte vrae word…