Posts Tagged ‘Guido Gezelle’

Nini Bennett. Raaf

Thursday, September 2nd, 2021

 

 

 

 

1 Boodskappers van onheil

Kraaie dra swaar aan hulle kulturele en mitologiese bagasie. Alhoewel hulle – figuurlik gesproke – van die kleurrykste voëls op aarde is, speel bygeloof en vrees steeds ’n rol in mense se persepsie van kraaie. ’n Film soos Hitchcock se The birds (1963) spook nog dekades later by kykers en help nie veel om kraaie se slegte reputasie te verbeter nie. Ook digters verbeeld hierdie swart geveerdes tradisioneel as boodskappers van dood en onheil. Bekende gedigte oor kraaie is onder meer “De rave”, geskryf deur die Vlaamse Rooms-Katolieke priester, Guido Gezelle (1830-1899).

 

De rave

 

Met zwart- en zwaren zwaai aan ‘t werken door de grauwe,

de zonnelooze locht, ik de oude rave aanschouwe;

die, roeiende op en dóór den schaars gewekten wind,

gelijk een dwalend spook, eilaas geen’ ruste en vindt.

 

Ze is zwart gebekt, gepoot, gekopt in ‘t zwarte; als kolen,

zoo staan heure oogen zwart, in hun’ twee zwarte holen

te blinken; rouwgewaad en duister doek omvangt

het duister wangedrocht, dat in de nevelen hangt.

 

Ze is stom! Ze ‘n uit geen woord en ‘t waaien van heur’ slagers

en hoort gij niet. Alzoo de zwarte doodendragers

stilzwijgend gaan, zoo gaat zij zwijgend op de lucht,

en wendt alhier aldaar heur’ zwarte ravenvlucht.

 

Wat wilt gij, duister spook! Waar gaat gij? Van wat steden

zijt gij, met damp en doom en ‘s winters duisterheden,

alhierwaards aangewaaid? Wat boodschap brengt gij? Van

wat rampe of tegenspoed zijt gij de bedeman?

 

Is ziek- of zuchtigheid, uit ‘s noordens grauwe landen;

is sterfte wederom, is hongersnood op handen?

Is moordaanslag, verraad de zin van uw vermaan;

of gaat de muil misschien des afgronds opengaan?

 

Geen woord! Dan, weg van hier, onzalige: gaat varen

alwaar nooit zonne en rijst; alwaar de grimme baren

staan ijsvaste overende, als rotsen; en waar nooit

noch blom noch blad den buik van moeder aarde en tooit!

 

Gaat aan! Of spreekt een woord, zoo de andere vogeldieren

te zomertijde doen, die in de bosschen zwieren:

ja, ‘s winters, als de snee’ heur laken heeft gespreid,

nog vinkt en klinkt het hier, vol vogelvlijtigheid.

 

En gij! De rave trekt, met trage vederslagen,

voorbij mij, zwaar en zwart gelijk nen kerkhofwagen,

en roept mij, onverwachts, terwijl zij henenvaart,

al in één enkel woord, heur’ winterboodschap: ‘Spaart!’

 

In Daniel Hugo se jongste bundel, Klinkklaar, word ’n kraai verbeeld as ’n kadawerkenner. Ek haal aan, gedig II uit “Gent”:

 

Kraai II

 

vanaf sy hoë lamppaal

bekyk dié kadawerkenner my

 

niks sal hom ooit kan walg

blyk uit daardie skalpel

se weersinwekkende gekrys

 

dis eeue laas dat hy kon smul

aan swaaiende galge-aas

 

waarom hou hy my kil in die oog?

ek het ’n vae benul

’n stinkende spesmaas

 

Nou is dit my beurt om ’n lansie te breek vir kraaie. Die bekende bioloog en navorser, dr Auguste von Bayern, oftewel prinses Auguste van Bavaria het haar jeugvakansies in ’n groot kasteel by haar grootouers deurgebring. Van kleins af het sy ’n belangstelling in kerkkraaie (jackdaws) ontwikkel, wat nesgemaak het in muuropeninge in die kasteel. Haar liefde vir hierdie mensliewende, vriendelike en mak kraaispesie het later jare gelei tot ’n PhD-studie in die denkpatrone en sosiale intelligensie van kerkkraaie. Baie van hierdie voëls is monogaam – hulle het net een lewensmaat – of hulle raak betrokke in ‘dieselfdegeslag-verhoudings’.

Navorsers wat hulle bemoei met die studie van Corvidae, en meer spesifiek Corvus het vasgestel dat kraaie min of meer oor die intelligensievermoë van ’n sewejarige kind beskik. Dit beteken kraaie is waarskynlik die bes geëwoleerde voëlspesie ter wêreld. Hulle kan komplekse raaisels oplos en analogieë verstaan. Naas primate, is kraaie die enigste diere op aarde wat gereedskap kan gebruik of modifiseer om kos in die hande te kry. Hulle sal byvoorbeeld ’n staaldraad met hulle bekke buig om ’n wurmpie, wat buite hul bereik is, nader te haak. Kraaie rol hulle neute in die pad sodat motors daaroor ry en dit oopkraak – dit spaar hulle die moeite. Kraaie kan met ander woorde oorsaak en gevolg bepaal. In gekontroleerde navorsingsituasies is variasies op Aesopus se fabel, “die kraai en die kruik”, as akkuraat bewys. Hierdie kraaie, wat dors was, het afgelei dat massa water verplaas. Kruikagtige houers met water is gebruik om die voëls se redenasievermoë te toets. Hulle kon nie met hulle bekke die watervlak bereik nie en het klippies in die houers gegooi om die watervlak te laat styg, sodat hulle kon drink. Dit is ook ’n bekende verskynsel dat kraaie se weldoeners, mense wat byvoorbeeld vir hulle kos of water uitgesit het, “beloon” word deur hierdie swart geveerdes. Kraaie bring…mog ek sê geskenke? dankoffers? – byvoorbeeld stukkies weggooigoed, maar dit het al gebeur dat ’n gelukkige ontvanger onder die blinkgoed ’n kosbare juweel ontdek het! ’n Mens kan ook spekuleer of kraaie oor ’n morele kompas beskik. Kraaie hou ‘hofsittings’ en sal in ’n kring rondom ’n skuldige kraai, wat byvoorbeeld ’n jong kraai se kos gesteel het, stelling inneem en die voël aanval (straf). Hierdie “jungle justice” dien as ’n vorm van moraliteitsteater om ander kraaie te leer en op te voed in die negatiewe gevolge van verkeerde dade. Dalk klink dit asof ek kraaie in hierdie skrywe personifiseer, maar die waarheid is dat kraaie in meer as een opsig baie menslik optree.

Tog lyk dit of kraaipoësie in somberheid gehul is. Ted Hughes se bundel epiese gedigte, Crow: From the life and songs of the crow (1970) is geskryf in die tydperk ná Sylvia Plath se selfmoord tot en met die selfmoord van Hughes se minnares, Assia Wevill. Wevill het ook haar en Hughes se vierjarige dogter, Shura, gedood in die proses. Beide vroue het op dieselfde wyse selfmoord gepleeg – vergassing met ’n stoof. Crow is ’n donker bundel; die poësie meedoënloos en kru. Die karakter, Crow ontgin verskillende mitologiese kontekste. Hughes is bekend vir sy fyn beelding van diere, wat onder meer antropomorfisme en die psigodrama van ’n wye register diere insluit.

Die bekendste gedig met ’n kraai as tema is waarskynlik Edgar Allan Poe se “The raven”, wat vir die eerste maal in 1845 gepubliseer is. Poe, bekend vir sy donker gruwelfiksie, is deur die Gotiese beweging opgeraap en talle toonsettings van hierdie gedig het al die lig gesien. In dié narratiewe gedig figureer die kraai as simbool van die spreker se eie mortaliteit, asook die verdriet oor sy vrou, Lenore, wat waarskynlik aan tuberkulose oorlede is.

 

The raven

 

Once upon a midnight dreary, while I pondered, weak and weary,

Over many a quaint and curious volume of forgotten lore—

While I nodded, nearly napping, suddenly there came a tapping,

As of some one gently rapping, rapping at my chamber door.

“’Tis some visitor,” I muttered, “tapping at my chamber door—

Only this and nothing more.”

 

Ah, distinctly I remember it was in the bleak December;

And each separate dying ember wrought its ghost upon the floor.

Eagerly I wished the morrow;—vainly I had sought to borrow

From my books surcease of sorrow—sorrow for the lost Lenore—

For the rare and radiant maiden whom the angels name Lenore—

Nameless here for evermore.

 

And the silken, sad, uncertain rustling of each purple curtain

Thrilled me—filled me with fantastic terrors never felt before;

So that now, to still the beating of my heart, I stood repeating

“’Tis some visitor entreating entrance at my chamber door—

Some late visitor entreating entrance at my chamber door;—

This it is and nothing more.”

 

Presently my soul grew stronger; hesitating then no longer,

“Sir,” said I, “or Madam, truly your forgiveness I implore;

But the fact is I was napping, and so gently you came rapping,

And so faintly you came tapping, tapping at my chamber door,

That I scarce was sure I heard you”—here I opened wide the door;—

Darkness there and nothing more.

 

Deep into that darkness peering, long I stood there wondering, fearing,

Doubting, dreaming dreams no mortal ever dared to dream before;

But the silence was unbroken, and the stillness gave no token,

And the only word there spoken was the whispered word, “Lenore?”

This I whispered, and an echo murmured back the word, “Lenore!”—

Merely this and nothing more.

 

Back into the chamber turning, all my soul within me burning,

Soon again I heard a tapping somewhat louder than before.

“Surely,” said I, “surely that is something at my window lattice;

Let me see, then, what thereat is, and this mystery explore—

Let my heart be still a moment and this mystery explore;—

’Tis the wind and nothing more!”

 

Open here I flung the shutter, when, with many a flirt and flutter,

In there stepped a stately Raven of the saintly days of yore;

Not the least obeisance made he; not a minute stopped or stayed he;

But, with mien of lord or lady, perched above my chamber door—

Perched upon a bust of Pallas just above my chamber door—

Perched, and sat, and nothing more.

 

Then this ebony bird beguiling my sad fancy into smiling,

By the grave and stern decorum of the countenance it wore,

“Though thy crest be shorn and shaven, thou,” I said, “art sure no craven,

Ghastly grim and ancient Raven wandering from the Nightly shore—

Tell me what thy lordly name is on the Night’s Plutonian shore!”

Quoth the Raven “Nevermore.”

 

Much I marvelled this ungainly fowl to hear discourse so plainly,

Though its answer little meaning—little relevancy bore;

For we cannot help agreeing that no living human being

Ever yet was blessed with seeing bird above his chamber door—

Bird or beast upon the sculptured bust above his chamber door,

With such name as “Nevermore.”

 

But the Raven, sitting lonely on the placid bust, spoke only

That one word, as if his soul in that one word he did outpour.

Nothing farther then he uttered—not a feather then he fluttered—

Till I scarcely more than muttered “Other friends have flown before—

On the morrow he will leave me, as my Hopes have flown before.”

Then the bird said “Nevermore.”

 

Startled at the stillness broken by reply so aptly spoken,

“Doubtless,” said I, “what it utters is its only stock and store

Caught from some unhappy master whom unmerciful Disaster

Followed fast and followed faster till his songs one burden bore—

Till the dirges of his Hope that melancholy burden bore

Of ‘Never—nevermore’.”

 

But the Raven still beguiling all my fancy into smiling,

Straight I wheeled a cushioned seat in front of bird, and bust and door;

Then, upon the velvet sinking, I betook myself to linking

Fancy unto fancy, thinking what this ominous bird of yore—

What this grim, ungainly, ghastly, gaunt, and ominous bird of yore

Meant in croaking “Nevermore.”

 

This I sat engaged in guessing, but no syllable expressing

To the fowl whose fiery eyes now burned into my bosom’s core;

This and more I sat divining, with my head at ease reclining

On the cushion’s velvet lining that the lamp-light gloated o’er,

But whose velvet-violet lining with the lamp-light gloating o’er,

            She shall press, ah, nevermore!

 

Then, methought, the air grew denser, perfumed from an unseen censer

Swung by Seraphim whose foot-falls tinkled on the tufted floor.

“Wretch,” I cried, “thy God hath lent thee—by these angels he hath sent thee

Respite—respite and nepenthe from thy memories of Lenore;

Quaff, oh quaff this kind nepenthe and forget this lost Lenore!”

Quoth the Raven “Nevermore.”

 

“Prophet!” said I, “thing of evil!—prophet still, if bird or devil!—

Whether Tempter sent, or whether tempest tossed thee here ashore,

Desolate yet all undaunted, on this desert land enchanted—

On this home by Horror haunted—tell me truly, I implore—

Is there—is there balm in Gilead?—tell me—tell me, I implore!”

Quoth the Raven “Nevermore.”

 

“Prophet!” said I, “thing of evil!—prophet still, if bird or devil!

By that Heaven that bends above us—by that God we both adore—

Tell this soul with sorrow laden if, within the distant Aidenn,

It shall clasp a sainted maiden whom the angels name Lenore—

Clasp a rare and radiant maiden whom the angels name Lenore.”

Quoth the Raven “Nevermore.”

 

“Be that word our sign of parting, bird or fiend!” I shrieked, upstarting—

“Get thee back into the tempest and the Night’s Plutonian shore!

Leave no black plume as a token of that lie thy soul hath spoken!

Leave my loneliness unbroken!—quit the bust above my door!

Take thy beak from out my heart, and take thy form from off my door!”

Quoth the Raven “Nevermore.”

 

And the Raven, never flitting, still is sitting, still is sitting

On the pallid bust of Pallas just above my chamber door;

And his eyes have all the seeming of a demon’s that is dreaming,

And the lamp-light o’er him streaming throws his shadow on the floor;

And my soul from out that shadow that lies floating on the floor

Shall be lifted—nevermore!

 

2 Raaf

 

Die vroeë tagtigs.

 

Ons buurman was ’n Hollandse violis en het saans in die Nasionele Simfonie-orkes gespeel. Bedags het hy modelvliegtuigies in sy garage gebou, maar dit was sy troetelkraai wat ek onthou. My ore was gespits vir die rasperklanke van sy Volkswagen-kewer; soms het hy gery, dan het ek kortpad en ongemerk oor die vyf voet muur geklim om die swart geveerde in die boom, kompleet met voetstuk en al, te sien. Die kraai was heeltemal mak en het by tye weggevlieg om vir ander voëls te gaan gaan kuier, dog altyd teruggekeer na sy speelboom in die garage. Die violis se vrou was bedags ook nie tuis nie en het, sover ek weet, fabelagtige ruikers vir die plaaslike bloemiste gerangskik.

Ek het heilige grond betree; op meneer van de Klaauw se stoel voor die boom gaan sit en my verkyk aan die raaf met die vinnige, abrupte bewegings; sy oë grys, soms bruin, ondeurgrondbaar en wys soos die nag. Sy oë was groter as wat ek aanvanklik vermoed het maar omdat hy so donker was, het ek dit nie dadelik opgemerk nie. Uit dieselfde git as die verekrawat om sy nek was ook die pote en bek; die kake effens oop, asof hy aandagtig geluister het of dalk iets wou sê. Die kraai was asembenewend blink en swart soos obsidiaan.

Whokka-whokka-whokka, sou hy skerts en diep in my binneste het ek geweet dat hy vir my lag; met ontsag gewag dat die mitiese voël my begin onderrig. Tydens hierdie besoeke sou ek transendeer na ’n newe- of bowe-bewussynstaat: die magiese eensaamheid van my kinderdae. My susters was veel ouer as ek en elders doenig met kêrels en grimering. Maar dít wat die kraai vir my gesê het, is helaas te geheim om oor te vertel, tog bloei dit elke dag uit die rooilig diep in die donkerkamers van die verbeelding.

Die dak se nokke het getril in die middaghitte. By tye sou ’n wolk die son afskadu, dan was dit skemer in die garage tot die lig weer deur die hoë vensters breek en die spinnerakke se silwer barste verlig. Dit was bloedig stil. Die vliegtuigies, dralend aan die onsigbare daklyne, het asem opgehou, tydelik opgeskort in hulle vlug.

*

Elia en St Benedictus, wie het julle aan die lewe gehou, die giftige brood van die monnikke onderskep?

Apollo, waarom het jy die kraai tot bygeloof en voorbode verwens? Omdat hy die waarheid oor Korona se liefdesverraad gepraat het?

Raefan, jy wat deur die heraldiek van krygers vlieg –

het jy geweet dat Churchill die Tower of London steeds sou bekerm met julle teenwoordigheid? Wie het die vyand se bomme uitgesnuffel? Mabel en Grip, het julle geweet dat julle ’n einde aan die oorlog sou bring?

Odin, jy wat net wyn gedrink en poësie gespreek het, wie het jou die voorkennis gegee?

Kain, waarom het jy die skuld vir die moord op die kraai gepak? Omdat hy meer van kadawers as jý geweet het?

Raaf, bewaker van galge en slagvelde, gewete van die laksman en doula vir elk ontslape soldaat: verstaan die sterwendes jou?

Nimmermeer, so dikwels het ek glimpe gekry van jou, die hart van ’n kind; hoe jy rol in die sneeu en wegkruipertjie met die wolwe en otters speel, blinkgoed vir jou mense bring of grypdief die aas van hengelaars se katrolle af steel.

*

Ek lig my hande en die son trek bloed. Tyd verdwyn. Die geweld van skemer is stil. Alles van kleur, vorm en kontoer verdiep gaandeweg tot silhoeët en skelet. Die dag kantel, die keerkring van Yin en Yang.

Dan slaap die son in die maan se skaduwee.

 

Verwysings:

 

Hugo, D. 2021. Klinkklaar. Pretoria: Protea Boekhuis.

https://en.wikipedia.org/wiki/Guido_Gezelle?fbclid=IwAR0A_XCNAS1WG_JnT7jPrHi1RW04Dh_B7Rvb910EmNLG1RzpBfdW1llHNbM

https://www.poetryfoundation.org/poems/48860/the-raven?fbclid=IwAR2TUPanwNpR_mhqYvcacS2NRQ9ErTfcSyeqrxOYsdPz_hR4Az4cMGImkQY

https://users.ox.ac.uk/~kgroup/people/augustevonbayern.shtml?fbclid=IwAR1CkK0nDfR42sZhqGoxPTijl0kKGhDmnDULhPNaxq_TQGG7b6FnztPKsnE

https://en.wikipedia.org/wiki/Crow_(poetry)?fbclid=IwAR13a6qI0ceCLqGF84kNhJatMlqqyYzLOiriNem5t3C68zquYW20tHDy-Xo

https://www.nathab.com/blog/crows-are-as-intelligent-as-a-seven-year-old-child/?fbclid=IwAR0DcgqIgeNWydoN_UlCHeJf9Wm4ZRrM0fWWcILUGZTyac8XDuJAbGB2OXE