Vir Piet Visser (21.7.1925 – 19.7.1967) pa, ek verjaar vandag, twee en sestig jaar nadat jy my geboortehuis in Curriestraat gekoop het en twee en vyftig jaar nadat hulle jou daardie Woensdagnag op ’n wit trollie uitgehaas het ek het nog één foto van die huis met sy bont stoeptralies en hekke…