Jean-Luc Nancy se boek Listening (2007, Fordham University Press) bied ‘n soort korrektief op die visueel-gesentreerdheid van die Westerse filosofie; op die privilegering van sig en sien; op ‘n langdurige romanse met die visuele. Selfs in Merleau-Ponty se groot, steeds belangrike Fenomenologie van die Persepsie is dit sig, en tot ‘n mindere mate dalk aanraking, wat instaan vir…