Posts Tagged ‘Joan Hambidge resensie Kelwyn Sole’

Resensie. “Skin Rafts” (Kelwyn Sole)

Saturday, April 23rd, 2022

 

 

 

Kelwyn Sole – Skin Rafts. Modjadji / Hands-on Book, 2022. ISBN 978-1-928433-39-2 

Resensent: Joan Hambidge

 

Words are just skin;

the body is the beloved.

 

Die titel van die bundel Skin Rafts deur Kelwyn Sole, ‘n veel bekroonde digter, is ontleen aan John Berryman (1942 – 1972), ‘n bekende Amerikaanse digter:

 

We are using our own skins for wallpaper and we cannot win.

Uit: 77 Dream Songs: Poems (1964).

 

I

John Berryman, ‘n uitmuntende digter, resoneer ook in die digkuns van Johann de Lange, en meer spesifiek, in Vaarwel, my effens bevlekte held (2012). [1]

Berryman as digter van die sogenaamde “confessional school”, skryf oor sy vader se selfdood (en later loop hy dieselfde pad) aktiveer uiteraard weerloosheid. Saam met die ander motto’s voor in die bundel (o.a. Gennady Aygi se “What can you do? We on earth play being people”) word die menslike kondisie in al sy dimensies ondersoek in Skin Rafts, die digter se agste digbundel. [2] So word die bundel bemark:

By highlighting and teasing out the mingled emotions of anxiety, disenchantment, hope and anger which characterise South Africans’ current experienced reality, Sole’s poetry questions and expands on our concerns about identity and belonging. In so doing, the poems in Skin Rafts contemplate the relationships that exist between us on a number of seemingly discrete, but actually intertwined, fronts – the personal relationship between lovers; the wider social and political relationships between human beings; as well as the problematic and contested human relationships that are brought to bear on land, landscape and the non-human. In this collection the reader is confronted with the circumstance that both body and society exist in a fragile dimension of uncertainty, where we all are ‘bobbing / on our raft of skin’.

Sole se gedigte ondersoek die politiek van ons tyd en die slagspreuk: whiteness must fall. Die tyd ná Mandela (en die onsekerhede van die hier en nou) waar ras (en kleur) steeds ‘n bepalende faktor bly, word beskryf. Die ekologie en aangrypende verse oor die oseaan en die ekologie maak van hierdie bundel ‘n ryk geskakeerde een.

Die beste manier om hierdie gedigte te beskryf, is via die glissando, oftewel die opwaartse en afwaartse beweging tussen note, van die Frans om te gly teenoor die portamento. Glissando as “slide, sweep, bend, smear, rip, lip, plop, falling hail” … Die opsetlike gly tussen twee note teenoor die einde (portamento) wat iets wil bevestig met ‘n noot. Dit staan alles op die internet. Dank aan Wikipedia.

Die digter beweeg moeiteloos tussen verskillende temas en onderwerpe sodat die politieke die persoonlike word, en andersom. Eenvoudige woorde en “oop” gedigte teenoor verse met verhulde intertekste en gebruik van slim woorde soos orotundity, integument, craquelure …

Hierdie gedigte gee verskillende toonaarde weer: uiterse melancholie teenoor woede oor onreg; intieme beskrywings teenoor pragtig-eenvoudige beskrywings van “Benign serpents” (66):

ii Slugeater

 

tabakrolletjie – little hero! –

conqueror of magical spiral of galaxies

in its most tangible form:

the fortress of the snail.

 

Ander kere skryf hy sterk bewoorde verse oor wat na bevryding gebeur het soos in die gedig “Comprador” (35), wat saam met Frantz Fanon, die ellendes van hierdie land uitwys: diefstal, werkloosheid, verkragting, regsverydeling …

Vir my is die ars poeticas uitstekend en daar is beelde wat ‘n mens altyd sal bybly. “Two oceans: a yearning (16) is ‘n sentrale vers, soos “The empty space we call Mandela” (32); “Body language” (37); – met kommentaar oor die onmoontlikheid om iemand anders se verdriet en ellende te verwoord en ‘n aanklag teen die kaping van iemand se pyn – ; “What needs to be said” (45) met die belangrike motto van Phillippa Yaa de Villiers “I don’t belong in demographics” waar Sole skryf:

 

Words are just skin;

the body is the beloved.

 

Tenoor Berryman se motto, vind ons die belangrike leeswyser van Phillippa Yaa de Villiers,  ‘n bi-rassige digter, (Australiese moeder en haar vader uit Ghana) bekend om haar “performance poetry”. Sy is grootgemaak deur wit ouers in die ou-Suid-Afrika en hiermee aktiveer Sole die kompleksiteite van ons samelewing. Hierdie “Thursday girl” se naam moet in haar land van oorsprong Yaa, Yawo, of Yaya wees. Haar eenvrou-vertoning heet immers Original Skin. [3]

Gunstelingverse vir hierdie leser:

 

“Orature” (55), ‘n liefdesvers waarin die onmoontlikheid van seksuele ekstase beskryf word; “Woodpecker”, ‘n slim ars poetica (63); “Benign serpents” (66) – waarin slange tot in die essensie beskryf word -; “Breathless creatures” (67) waarin o.a. ‘n haai konkreet tot lewe geroep word. Hierdie twee reekse plaas alles in jukstaposisie: die mooie teenoor die onveilige, gevaarlike …

 

“One breath, away”:

 

we learn, finally, that death is

an easy menu to order … (77);

 

“Thorns” (87) met die implisiete gesprek met Wallace Stevens [4] en die ouderdom wat woorde en woordspel op die negatief (not) laat uitval en ten slotte: “Imaging” (89):

 

a comma looking for its silence,

a curled snake at the portal

of meaning.

 

Kyk wat maak hierdie digter met die “vocables” en hoe hierdie liriese stem telkens gedigte laai met musiek: van die Vuvuzela tot jazz.

 

II

 

Soos dit ‘n behendige digter betaam, kan hy met ander stemme praat (en buikspreek soos in “Yours hopefully”, 84) en ander mense aan die woord stel.

Dit is ‘n uitsonderlike bundel geskryf deur ‘n beleë, volwasse digter wat jou ontroer en bewus maak van die ewigdurende spanning tussen die private en persoonlike. Soos ‘n musikant, beweeg hy flink tussen die note.

Soms op die drome, soms met ‘n saxofoon …

Veral relevant hoe Berryman deur hierdie bundel beweeg en terugpraat met ander digters.

Praatverse teenoor slim intertekstuele gedigte wat inspeel op die ryk tradisie van sowel die orale gedig as die intellektueel-gedistansieerde vers.

Biodiversiteit en die komplekse kultuur van ons samelewing word oopgemaak. “My skin the wind, it’s gone / kiting”, waarsku Vahni Capildeo.

Hierdie bundel het my weer teruggeneem na Eileen Simpson se studie: Poets in their Youth (MacMillan, 1982) en hoe sy digters onthou soos John Berryman, Robert Lowell, Delmore Schwartz, Randall Jarrell, T.S. Eliot.

Hierdie bundel herinner ‘n mens aan Neruda se stelling: daar is geen digters nie; net die digkuns wat soos die see eb en vloed.

Die bundel is besonder mooi uitgegee. Hierdie bundel is soos Gershwin se Rapsody in Blue: melancholies en oorrompelend sterk.

 

Endnote:

 

[1] So klink Johann de Lange se gedig:

 

Skielik skemer

 

– What happen then, Mr Bones?

– I had a most marvellous   piece of luck. I died.

John Berryman

 

Hoe dikwels het jy nie deur jou kantoorvenster

na die brug gestaar nie. Gewonder of dit jou weg

kon vat. Soos Hart Crane oor die relings

van die ss. Orizaba & in sy vaar-

waters in. Hy het glo sterk & doelgerig wéggeswem,

sy skoene netjies op die dek.

 

Art Hitman, skryn-

werker op kampus het jou op die brugreling sien sit,

met ’n streep weg & teen die grein,

voor jy sonder terugkyk vooroor gekantel het

om buite sig skipbreuk te ly, die grys beton te vlek.

Uitgeken net aan jou bril & ’n blanko tjek.

 

Jou laaste gedig is sonder slot: ’n eerste weergawe

van jou dood wat jy op jou lessenaar vir Kate wou los

om te lees. Ten slotte trek jy ’n laag-

waterlyn daardeur & smyt dit in die snippermandjie vir Kate

om op af te kom. Maar toe was jy al oor die muur

& water onder die brug. Vaarwel, my effens bevlekte held.

 

[2] Kelwyn Sole webruimte. Besoek 18 April 2022

 

The Blood of Our Silence, Ravan, Johannesburg, 1988

Projections in the Past Tense, Ravan, Johannesburg, 1992

Love That is Night, Gecko, Durban, 1998

Mirror and Water Gazing, Gecko, Durban, 2001

Land Dreaming, University of Kwazulu-Natal Press, Pietermaritzburg, 2006

Absent Tongues“. Hands-On Books, Cape Town, 2012

Walking, Falling, Deep South, 2017

 

[3] Phillippa Yaa de Villiers, Excerpt Original skin. Lyrik-line. Besoek 18 April 2022.

 

This day branded me with a warning:
emotions, long bottled, breaking free
cause destruction. A cycle of pain
coming back to haunt us again.

 

[4] The Snow Man

Wallace Stevens

 

One must have a mind of winter

To regard the frost and the boughs

Of the pine-trees crusted with snow;

 

And have been cold a long time

To behold the junipers shagged with ice,

The spruces rough in the distant glitter

 

Of the January sun; and not to think

Of any misery in the sound of the wind,

In the sound of a few leaves,

 

Which is the sound of the land

Full of the same wind

That is blowing in the same bare place

 

For the listener, who listens in the snow,

And, nothing himself, beholds

Nothing that is not there and the nothing that is.

 

Poetry Foundation. Besoek 18 April 2022.

 

(Hierdie resensie verskyn met toestemming van die resensent. Dit het oorspronklik verskyn op haar blog “Woorde wat Weeg”: http://joanhambidge.blogspot.com/)