Posts Tagged ‘Joan Hambidge resensie Wat ek van klippe weet Jan Wagner’

Resensie: Wat ek van klippe weet (Jan Wagner, vert. Robert Schall)

Thursday, October 28th, 2021

 

 

 

Wat ek van klippe weet, Jan Wagner, vert. deur Robert Schall. Naledi 2021. ISBN: 9781928530633.

Resensent: Joan Hambidge

 

I

Hierdie bundel wat sopas by Naledi verskyn het en vertaal is deur Robert Schall is een van die hoogtepunte van my leeservaring hierdie jaar. Die antologie is keurig uitgegee en die afwerking prima. Jan Wagner, gebore in 1971, word beskou as een van die gewildste digters tans werksaam in Duitsland. Hy is ‘n veelbekroonde digter en hierdie leser verstaan presies waarom.

Onder andere Zhongkun Internasionale Digtersprys van die Universiteit van Peking en die gesogte Georg Büchner-prys.

Die digter is self vertaler en essayis.

Die gedigte is essensieel in die trefkrag, eenvoudig (oënskynlik) met verwysings na geskiedkundige oomblikke wat die digter ontgin vir sy verse. Per voetnoot word dit oopgemaak (“störtebeker”, 61) en die mitologie word ook in verse ingevoer. Vreemde landskappe word ook bekyk: Huntsville, Texas, Australië…

Tegnies bedrewe met die beoefening van o.a. die sonnet, kwatryngedig, Sapfiese strofe, sestina, tersine, villanelle, haikoe en rondeel, maar ook die vrye vers én prosagedig. Ongewone rymvorme wat verdere vernuf demonstreer, is die skuinsrym, pararym (al die konsonante pas by mekaar, tell, tall) en anagramrym wat verdere blyke gee van ‘n digter wat sy passies ken. Rym, soos wat digkuns-lesers alte goed weet, kan die onervare digter liederlik pootjie. Elisabeth Eybers kies dan tereg ‘n ironiese bundeltitel soos Rymdwang.

Die leser kan telkens vergelykend lees met die oorspronklike vers links afgedruk en die vertaler se teks na regs. Ons lees verder dat die vertaler hierdie projek voltooi het as deel van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. En veelvuldige applous aan die mentors en aan die uitgewer wat hierdie bloemlesing vir ons gee.

Die vertaler Robert Schall is bekend aan die lesers van Versindaba en Stilet, gebore in Duitsland en tot met sy aftrede Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat. GR von Wielligh se Boesmanstories is uit Afrikaans in Duits vertaal as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche, gepubliseer in 2005.

Henning Pieterse se Rilke-vertalings is eweneens ‘n hoogtepunt en hy kon as leermeester raad bedien.

Schall het Jan Wagner se gedigte vertaal as deel van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat onder leiding van Henning Pieterse en Francois Smith.

 

II

Wat ek van klippe weet aktiveer al die gesprekke met klippe in Afrikaans. Ons dink hier aan Van Wyk Louw se “Klipwerk”-reeks, Opperman en Wilma Stockenström.

By Opperman die bekende “Te klip om te boom”:

 

Klip kan net klip,

sy teel is onderverdeel

tot stomme klippertjies

duinend rondmeel.

 

Boom kan net boom

word langer en ook swanger

tot singende boompies

voël óm die voorsanger.

 

Maar voorwaar:

voor boom kan boom

moet klip eers klip,

en klip teel swaar

– glo miljoene jaar.

 

Ina Rousseau, Johann de Lange, Antjie Krog het eweneens oor klippe gedig, soos die digters Ilse van Staden, Hendrik J Botha, Pieter Fourie.

En in die literatuurteorie herinner die Russiese Formalis Sklovskij ons aan digterlike taal wat die klip klipperiger moet maak. Die gedig moet die essensie so oordra dat die ding-likheid jou tref.

Ons dink aan die mitologie róndom klippe wat in elke landskap iets van daardie wêreld representeer. Die klippe in Japan wat anders lyk en voel as die klipformasies in Peru of die ronde spoelklippe in Turkye.

In my besit ‘n Tarotstel met die klipformasies van Macchu Picchu.

 

III

Dit gebeur nie elke dag dat ‘n resensent dit moeilik vind om ‘n keuse te maak uit die bestes in ‘n bundel nie. ‘n Mens sou die volledige bundel moes afdruk vir die leser.

Daar is reeds gewys op die uitbuiting van tegniek en die ontginning van verskillende digvorme. Die vertaler beklemtoon dat die gebruik van kleinletters dubbelsinnigheid tot gevolg het, omdat dit afwyk van die Duitse spelreëls. Dubbelsinnigheid en homonieme is hierdie digter se handtekening nes die ontginning van ryme. Die vertaler wys ook op die gebruik van “brutale enjambemente” wat die leser opnuut bewus maak van die musikaliteit van sy verse (238). Hiervan is die gedig “die études” (205) ‘n bewys:

 

…: die onverbiddelike maat-

slag van die metronoom

 

waar die klavier, soos by Robert Pinsky se gedig oor ‘n klavier in Jersy rain, ‘n hele lewe opsom en ‘n vreemde of onverwagse ars poetica word.

Dieselfde geld “geitjie” ‘n prosavers wat meer word as wat die geitjie is: die assosiasies met dinge buite-om wat die besondere aard van die diertjie opsom; ook ‘n primordiale simbool van die digkuns. Perfekte nabootsing. (111)

En aweregs is bepaald ‘n verdere kenmerk. Die vreemde dwars-blik kenmerkend aan die digterskap: om die klip klipperiger te maak.

Humor is daar in die beskrywing van die renoster (103). Of die verse oor pasteie (81). Kos teenoor klip, as u wil.

Die kleiner gedig wys dikwels mankemente uit en hier stel die digter nie teleur nie. Elke woord op sy plek:

 

ek lig die deksel

en kyk in die lyster se

reusagtige oog (213)

 

Pragtig oor ‘n teesakkie:

 

teesakkie

 

I

net in saklinne

gehul, tenger kluisenaar

in sy klam spelonk.

II

benewens ‘n tou-

tjie lei niks na bo. ons gee

hom vyf minute. (105)

 

Wonderlike implikasies hier.

 

Met die Anton Brant-vertalings (Brant is ‘n skuilnaam van die digter) wys die vertaler sy slag wanneer hy Afrikaanse streektaal (in voetnote geplaas) invoer. Geen sprake van ‘n gebroddel hier nie en die leser sien hoe hy die landskapwoorde van Duits na Afrikaans transporteer en dikwels moeilike gedigte naatloos vir jou neerplaas via die glossarium vir Afrikaanse streektaal.

Die vertaler verstaan die grein van die oorspronklike taal (Roland Barthes) en kry telkemale die regte aansluiting in Afrikaans.

Die digter dig assosiatief (vleiland, weiland, weikamp, kanet) op soek na die regte woord as hyself ‘n woordeboekmaker is. Die land, soos die gedig, staan soos ‘n groot harp vir die nag (157).

 

IV

Dit staan op die kliptafels geskryf dat hierdie bloemlesing met gedigte en vertalings ‘n mens lank sal bybly.

Wanneer ‘n goeie digter ‘n behendige vertaler ontmoet, is daar geen splinte nie:

 

‘n mens kan korsika

reeds aan sy geur herken, sê hulle, lank

voor die eiland opduik uit die see. (89)

 

Verander korsika na digter en vertaler.

Die hele santekraam moet geluk gewens word met hierdie publikasie: die uitgewer, die digter, die vertaler, die mentors en die klasmaats.

 

Bronne:

 

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=klippe Besoek 27 Oktober 2021

Pinsky, Robert. 2000. Jersy rain. Farrar, Strauss & Giroux.

Prinsloo, Anton F. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Pharos.

Rym https://af.wikipedia.org/wiki/Rym Besoek 27 Oktober 2021

 

*

 

The Green Piano

Robert Pinsky

 

 

Aeolian. Gratis. Great thunderer, half-ton infant of miracles
Torn free of charge from the universe by my mother’s will.
You must have amazed that half-respectable street

Of triple-decker families and rooming-house housepainters
The day that the bole-ankled oversized hams of your legs
Bobbed in procession up the crazy-paved front walk

Embraced by the arms of Mr. Poppik the seltzer man
And Corydon his black-skinned helper, tendering your thighs
Thick as a man up our steps. We are not reptiles:

Even the male body bears nipples, as if to remind us
We are designed for dependence and nutriment, past
Into future. O Europe, they budged your case, its ponderous

Guts of iron and brass, ten kinds of hardwood and felt
Up those heel-pocked risers and treads splintering tinder.
Angelic nurse of clamor, yearner, tinkler, dominator —

O Elephant, you were for me! When the tuner Mr. Otto Van Brunt
Pronounced you excellent despite the cracked sounding board, we
Obeyed him and swabbed your ivories with hydrogen peroxide.

You blocked a doorway and filled most of the living room.
The sofa and chairs dwindled to a ram and ewes, cowering: now,
The colored neighbors could be positive we were crazy and rich,

As we thought the people were who gave you away for the moving
Out of their carriage house — they had painted you the color of pea soup.
The drunk man my mother hired never finished antiquing you

Ivory and umber, so you stood half done, a throbbing mistreated noble,
Genuine — my mother’s swollen livestock of love, lost one, unmastered:
You were the beast she led to the shrine of my genius, mistaken.

Endlessly I bonged according to my own chord system “Humoresque,”
“The Talk of the Town,” “What’d I Say.” Then one day they painted you pink.
Pink is how my sister remembers you the Saturday afternoon

When our mother fell on her head, dusty pink as I turn on the bench
In my sister’s memory to see our mother carried moaning up the last
Steps and into the living room, inaugurating the reign of our confusion.

They sued the builder of the house she fell in, with the settlement
They bought a house at last and one day when I came home from college
You were gone, mahogany breast, who nursed me through those

Years of the Concussion, and there was a crappy little Baldwin Acrosonic
In your place, gleaming, walnut shell. You sere gone, despoiled one
Pink one, forever green one, white-and-gold one, comforter, living soul.

https://www.ibiblio.org/ipa/poems/pinsky/the_green_piano.php Besoek 10 Oktober 2021

 

Kyk hoe netjies word “Klipwerk” vertaal:

 

https://versindaba.co.za/tag/robert-schall/  Besoek 28 Oktober 2021

 

So vertaal David Keplinger die “reënbalievariasies” / “regentonnenvariationen” na Engels. ‘n Goeie vergelykingstudie vir die leser:

 

beneath the plum tree
behind the house, unmoved, cool
like a zen master.

*

a sort of oven
in negative, without smoke,
gulping up the clouds.

*

gurgled just a bit,
if you bashed hard against it,
but disclosed nothing.

*

as if the dead climbed
through her from the netherworld,
to listen to us.

*

silvery organ-
pipe, squat gutterspout: through which
pumped all the weather.

*

one summer long
fully sated. then, with storm,
it bubbled over.

*

stay, spoke that darkness,
and your face dissolves itself
like a sugar lump.

*

old as the garden,
redolent as forest-lake.
there: barrel of styx.

*

i lifted the lid,
twitched back. the blackbird singing
suddenly darkened.

*

awash in autumn,
it leaked out by the hundreds
the heaps of black slugs.

*

what got imprinted
in me, framed in the barrel,
like a locket: rat.

*

last drop from the tree.
in the quiet, quietly,
the quivering gong.

*

a brooding, brooding;
in winter, enlightenment
as a disc of ice.

 

https://www.poetryinternational.org/pi/poem/28405/auto/0/0/Jan-Wagner/RAIN-BARREL-VARIATIONS/en/tile Besoek 28 Oktober 2021