Eerste prys: Daniel Hugo (Kwatryn 12) Persië was bekend vir lekker wyn en vir Khajjam se pittige kwatryn – met ‘n kombinasie van dié twee oorleef ons die knellendste kwarantyn. Tweede prys: Herman Wasserman (Kwatryn 27) Lumier Uit elke pestilensie se puin sal weer ‘n bloednuwe dag verskyn…