Philip de Vos. Those few were all that mattered
Tuesday, June 10th, 2014‘n Paar jaar gelede het ek uit die bloute ‘n e-pos van JonArno Lawson ‘n Kanadese digter ontvang waarin hy my gevra het om kommentaar te lewer op een van my Engelse versies wat ek vir Saint-Saëns se bekende orkeswerk geskryf het en wat as Carnaval of the Animals deur Front Street Books in die VSA gepubliseer is. Dit was vir ‘n boek wat hy saamgestel het vir Walker Books in Londen waarin 24 digters van oor die hele wêreld elk een van hulle kinderverse moes bespreek en die een wat hy gekies het was Aquarium.
(illustrasie: Piet Grobler)
Die versie wat ek moes ontleed was:
Aquarium
Fishes swim
without a goal
in aquarium or bowl.
We can watch them
through the glass:
bits of sunshine as they pass
in a circle round and round…
Little fish are nowhere bound.
They don’t know
the mighty motion
of the waves and
of the ocean.
They must wait
for time to pass
locked up in a cage of glass…
Probleem is, ek het nog nooit een van my eie versies probeer ontleed nie. Ek skryf – and that’s that! Maar hierdie keer moes ek self ‘n bietjie dieper kyk en toe as gevolg van die boek Inside Out – children’s poets discuss their work was dit die begin van ‘n briewevriendskap.
Ek was nog altyd huiwerig as dit kom by vriendskappe met ander digters, want ek het myself nog al die jare as ‘n blote versiemaker beskou wat daarvan hou om met woorde te speel, en nooit ooit diep dinge dink nie – en skielik ontdek ek toe ‘n ander persoon wat ook balspeel met woorde en met die groot genot wat woorde bied.
En in die voorwoord tot Inside out sê hy juis:
I can’t emphasise enough how important it is to read the poems out loud. I don’t think you’ll be able to appreciate them fully until they’ve entered your mind through your ears as well as your eyes.
En dit is wat ek self nog al die jare doen en glo. Elke versie wat ek skryf, lees ek hardop, en met ‘n mikrofoon byderhand kan ek later luister hoe dit op die oor val en in baie gevalle is dit skaaf skaaf skaaf aan selfs die simpelste lawwe versie of nederigste limerick.
En deur my bydrae vir die versamelbundel het ek later vir JonArno en sy werk leer ken toe hy vir my ‘n kopie van sy kinderverse The Man in the Moon-Fixer’s Mask gestuur het met onder andere hierdie twee versies wat my onmiddellik aan beide Edward Lear en Lewis Carroll herinner het:
The Great Snoth of Snitch-on-the-Snotch
I met the Great Snoth of Snitch-on-the Snotch,
drinking tea from a seashell while winding his watch.
“My goodness,” said he, when he finally looked up,
“what an odd little creature I have for a cup.”
The Purpose of the Porpoise
“The purpose of the porpoise?
Its preposterous propensity
for spinning on its nose odd props,
regardless of their density.”
The porpoise heard and said,
“Why do you propagate such tales?
Do you promulgate such rot
on the proclivities of whales?”
Op die internet kon ek wel destyds inligting omtrent JonArno opspoor – eerstens omdat hy volgens my Google-soektog die enigste persoon op aarde was met dié naam. Alhoewel daar destyds maar min op die web beskikbaar was, het ek darem geweet hoe hy lyk uit twee enkele foto’s wat ek kon opspoor.
En toe was daar skielik, by my die begeerte om hom te ontmoet, waarom weet ek nie.
In 2011 is ek en Peter vir ‘n 2½ maande toer dwarsoor Amerika met daarna ‘n weeklange besoek aan my suster en haar man op hulle plaas naby Edmonton in Kanada. Waarom dan sou ek van Edmonton 2700 kilometers verder vlieg oor vier tydsones heen net vir aandete met ‘n digter en sy gesin in Toronto terwyl ek in Suid-Afrika skaars 45 kilometers Stellenbosch toe reis vir tee met een of ander skrywer of digter, en dié is maar skaars ‘n klipgooi ver.
By Toronto het ons in ‘n hotel in die middestad gebly, en het ek telefonies met JonArno afgespreek dat ons hom in sy voorstad by die moltrein se stasie-ingang sou kry. Om een of ander rede het ek ‘n goeie oog om mense te herken – selfs al was dit net van die een foto, en toe ‘n man in die reën aanstap met ‘n sambreel oor die kop, het ek onmiddellik geweet dit is hy.
En onmiddellik was daar die gevoel van wedersydse warmte en skaars by die huis aangekom, slegs ‘n paar blokke van die stasie af, het ek geel pampoene by die voordeur sien regstaan vir Halloween. En nog voor die deur oopgemaak is, het Peter alreeds die eerste foto’s van ons twee geneem.
En wat kan ek van die aand onthou? Dit was die aand van die Joodse Fees van die Tabernakels. Dit was ‘n aand van groot warmte saam met JonArno en Amy en Ashey en JoJo, en met JonArno se ouers en Amy se pa wat aan etenstafel uit die Torah voorlees naby die yskas met sy magneetprentjies teen die deur.
Het ons oor die letterkunde gepraat? Ek kan nie onthou nie, maar ek twyfel. Voor op ‘n koffietafel het boeke rondgelê. Tussen die ander het ek my boek Beware of the Canary sien lê, en Inside Out waarin my bydrae verskyn het, en The Big Mog Book en Edward Lear se Book of Nonsense– boeke wat die kinders besig was om te ontdek.
En ek onthou JoJo wat met ‘n plastiekkarretjie gespeel het met ‘n I’m a Big Boy plakkertjie op sy hemp en Peter wat later saam met Sophie ‘n klavier-duet gespeel het langs die leë pophuis met die sneesdoekies langsaan.
En later het JoJo na na die trappies toe verskuif, na sy hobbelperd en die teddiebere op die trap.
Die aand was ‘n mengelmoes van lag en praat en van speelgoed en boeke op die vloer. En voor ons weer terug hotel toe is, het JonArno my sy jongste bundel There Devil, take that wat pas verskyn het as present gegee.
Ja, dit was ‘n aand van warmte en ek moes al die pad Toronto toe om dit te ervaar.
Eers later het ek meer van JonArno se ander kinder- en volwasse gedigte ontdek. ‘n Man met ‘n sin vir fantasie, ‘n man wat kan speel met woorde; woorde wat met my praat – oor berge en oseane heen.
Robot Bones
I swore an oath, a solemn oath,
that I would bury the bones of both,
side by side together,
in the crackling electric undergrowth,
(a final nest of red-hot wires wrapped them in their tomb).
I swore to them by the ozone layer
back in the days when it was still there),
and we all knelt down
for a digital prayer,
while a fleeting memory saddened me
of his tunsten hand on her copper hair.
Seize the Day
The sensible day
will bite the hand that seizes it –
and the sensible hand
will find briefer moments that pleases it.
The Crowd
In the dark room
unfamiliar and overfull
certain empty outlines lit
up and filled in
with the features of my
wife and the
faces of my
children – friends family
just a few but
most outlines stayed empty
went dark or
disappeared altogether others
filled in briefly
and then vanished
who were
they the
crowd was enormous
and the number
that lit up
was small so small
in the entire
crowd those few
were all that
mattered
I reached and
reached
but never
grasped the rest.
Sal ek JonArno en sy gesin ooit weer sien? Ek weet nie. Hoeveel jare het mens oor na 75? Maar ek sal hulle wel vir altyd onthou.
En 11 Junie is juis JonArno se verjaarsdag. En al weet hy dit nie en al ken hy geen Afrikaans nie, wens ek hom op hierdie manier geluk.
Drie skakels:
http://www.walker.co.uk/contributors/JonArno-Lawson-7281.aspx
http://thetorontoquarterly.blogspot.com/2014/02/jonarno-lawson-enjoy-it-while-it-hurts.html
https://www.youtube.com/watch?v=F-PyU8HymAk