Dit is met leedwese dat ons verneem van die afsterwe van Reinet Louw Kemp, dogter van NP van Wyk Louw. Ek het haar by geleentheid by haar moeder, Truida, ontmoet, en haar sprankel en lewenslus sal my bybly. Ons dink aan Peter in hierdie moeilike tyd waar baie verantwoordelikhede nou op hom rus….
