Posts Tagged ‘Maren Bodenstein’

Desember: Oop venster vir nuwe talent

Friday, December 3rd, 2021

 

Foto: Maren Bodenstein

 

 

Versindaba gooi in Desember haar deure oop vir alle digters.

 

Hoewel dit ons beleid is om op Versindaba hoofsaaklik digters se werk te publiseer wat reeds ‘n solo-bundel by ‘n hoofstroom uitgewer gepubliseer het, nooi ons hierdie maand alle digters uit, ongeag of hulle al gepubliseer het, om hulle gedigte aan Versindaba voor te lê en sodoende blootstelling te ontvang aan ‘n gerespekteerde poëtiese ruimte.

 

Digters mag tot 5 Januarie 2022 ‘n maksimum van DRIE gedigte in Afrikaans, Nederlands of Engels instuur vir moontlike publikasie op Versindaba.  Elke gedig moet afsonderlik op ‘n Word-dokument (Arial 11 punt, dubbelspasieëring) as aanhegsel aan die e-pos ingestuur word. Gedigte sal gekeur word en nie alle gedigte sal geplaas word nie.

 

Inskrywings kan gestuur word aan die volgende e-posadres:

taljard.marlies@gmail.com

 

Die volgende wenke sal digters help om ‘n bydrae te stuur wat makliker aanvaar word:

  • Ons verkies korter gedigte (20 reëls en korter), maar indien jou gedig langer is, sal dit jou nie noodwendig diskwalifiseer nie.
  • Gedigte met ‘n vaste poëtiese struktuur (soos die sonnet, die kwatryn, ens.) staan ‘n beter kans om geplaas te word as gedigte met ‘n losse struktuur.
  • Onthou dat rymlose en vrye verse ook poëtiese bou- en bindingselemente moet vertoon – waak teen prosa in versvorm. Maak seker dat die leser jou gedig as sodanig sal eien, selfs al is dit nie in versreëls opgebreek nie.
  • Hierdie webwerf gee ‘n oorsig van verskillende digsoorte en hoe om dit te skryf of te beoordeel:

https://af.wikipedia.org/wiki/Digvorm