Posts Tagged ‘Minjonet en bitterbos Thomas Deacon’

Thomas Deacon (1942-2022) oorlede

Saturday, January 22nd, 2022

 

 

 

Die digter Thomas Deacon is gister, 21 Januarie 2022, oorlede. Deacon het gereeld gedigte op Versindaba gepubliseer en sy nuutste bundel, Minjonet en bitterbos het onlangs verskyn. Ons sal sy stem mis!

 

 

Die onderstaande gedig het op 8 Januarie 2022 op Versindaba verskyn:

 

(‘n laaste skof)

 

as ek weer kom kuier sê ma

bak julle boerbeskuit en brood

en soetkoekies vir nuwejaar

dit het mos gereën op die plaas

en die granaatlaning spog rooiwang soos sakson agter die rant

 

julle moet die doodboks voetjie-

vir voetjie op die solder gaan haal

terwyl julle sing van soetkoekies

bakbrood en boerbeskuit

want dit het mos gereën op die plaas

en die graatlaning spuug rooipit

agter die rant

 

en vra vir boetieman van jan-koos

om granate te gaan pluk

want dit het mos gereën op die plaas

en daar’s bakbrood en soetkoekies

en boerbeskuit vir die nuwe jaar

ko’ lat ons’ie oujaar gistertoe sing

 

© Thomas Deacon, 2022