Posts Tagged ‘Neo Mehlomakulu gedih’

Neo Mehlomakulu. Die graf

Friday, December 3rd, 2021

 

Die graf

 

met my geboorte

het my ma haar drome en trane

diep in die berge gaan begrawe

want sy was nou ń ma

en kon nie meer soos ń skoolkind

sit en dagdroom of tjank nie

toe kom my broertjie en sustertjie

sommer gelyk

en sy moes terug gaan berge toe

om die graf met sement te seël

want daardie twee dinge

wat sy jare terug begrawe het

was besig om te vrot

en in regte geraamtes te verander

 

© Neo Mehlomakulu, 2021