Posts Tagged ‘Pella’

Thomas Deacon. die palmbome van pella

Monday, May 3rd, 2021

 

die palmbome van pella

 

by die palmbome van pella

het ek opgekyk na bó

waar ‘n arend die dag

blitsblou breek in sy vlug

toe afduik na onder

waar rotse óptand in die lug

en die palmbome van pella

getooi in kameelhaarkleed

het soos baie johanesse

stil op aandag gestaan

 

© Thomas Deacon, 2021