Posts Tagged ‘Resensie Joan Hambidge’

Resensie: Die vlug van ‘n vreemdeling (Magmoed Darwiesj).

Tuesday, July 13th, 2021

 

 

 

 

Magmoed Darwiesj: Die vlug van ‘n vreemdeling. Soos vertaal deur Bester Meyer. Naledi 2021. 

Resensent: Joan Hambidge

 

Ek is jou metafoor, en ver van die roete van my lotsbestemming

I

In 2009 verskyn Breyten Breytenbach se bundel oor Magmoed Darwiesj: oorblyfsel / voice over wat hierdie Palenstynse digter aan ‘n Afrikaanse en Engelse leserspubliek bekend stel. Die voice-over in die filmkuns is wanneer ‘n verteller, dikwels vanuit ‘n agternaperspektief, die verhaal situeer en verduidelik. In hierdie bundel is dit ‘n vriend getref deur die dood van ‘n kameraad wat deur sy gedigte iets van homself en van politieke onreg probeer begryp.

Sopas verskyn Bester Meyer se Die vlug van ‘n vreemdeling,  vertalings van Darwiesj in Afrikaans met inleidende refleksies deur Breytenbach en ‘n nawoord deur Shahd Abusalama.

Die digter Magmoed Darwiesj (1941 – 2008) se werk het trefkrag en hy word tereg gesien as een van die belangrikste digters in die Arabiese taal.

Die gedigte is roerend mooi veral róndom die vreemdelingskap. Die digter bevind hom van jongs af in ‘n geweldgeteisterde omgewing en in gedig VII (74, 75) skryf hy:

 

O Dood, wees ‘n seën vir die vreemdeling

wat die ongesiene

duideliker sien as ‘n realiteit wat nie meer werklik is nie.

 

Hierdie gedig is deel van die reeks “Elf planete oor Andalusië” waarin hy Lorca aanspreek en identifiseer met die gewelddadige dood van hierdie digter:

 

Ek is ‘n Adam van twee Edens –

Ek het die paradys twee keer verloor.

Verdryf my daarom stadig,

En vermoor my stadig,

– onder ‘n olyfboom –

saam met Lorca.

 

Dit herinner dan ook aan Pablo Neruda se beroemde Ode aan Lorca. 1.

In “O water, wees ‘n snaar vir my kitaar” (gedig VIII in hierdie reeks) werk die gedig met ‘n refrein. Water as ‘n spieël moet die herinneringe terugbring voor die ballingskap. Dit sluit met ‘n pynlike wete dat die veroweraars gekom en gegaan het en dat politieke onreg herhaal word. Die beste deel van die digter is agtergelaat: die verlede.

Die musikaliteit van die verse is opvallend soos ons sien (en hoor) in “XI Viole”. Dog met die pynlike wete:

 

Viole is die anargie van harte  wat gek gemaak word

deur die wind van dansvoete. (82)

 

Uit Ek sien wat ek wil sien (1993)  gee die digter erkenning aan Munir Akash en Carolyn Forché met verwysing na Fady Joudah se vertaling. Nou onlangs het ek verwys na die vergelykings wat George L. Kline maak.  Tien Engelse en tien Amerikaanse vertalings van Anna Akmatova word onder die loep geneem en met die oorspronklike gedig vergelyk. In die formele digkuns moet die metriese patrone en rymskemas gevolg word, meen hy tereg. Hy praat van die sogenaamde “verse integrity”.

https://www.jstor.org/stable/308546?seq=1#metadata_info_tab_contents Besoek 23 Junie 2021

En dis juis hierdie vergelykings wat ‘n vertaler moet raadpleeg om sy eie weergawe te “toets” teen ander vertalings of herdigtings.

In die gedig “Poëtiese regulasies” (132) word die digter se werkswyse veral treffend onthul. Die gedig as selfrefleksie, as iets wat jou kortstondig in die eg verbind; maar die gedig verlaat ook die spreker:

 

Die gedig is in my hande –

ek kan stories deur haar vingers laat vloei.

Máár vandat ek die gedig aangryp

is ek ‘n verkwister van my siel,

en vra dus:

Wie ís ek?   Wie ís ek?

 

Die ambivalente verhouding met die gedig en die skryfproses, word voortreflik in hierdie gedig beskryf. Hierom versoek hy in “Ons loop op die brug” (150) dat hy die ware land wil beleef; nie die metafoor nie. Hierdie meta-poëtiese besinnings (met die gedig as ‘n toestand van afwesigheid) is ‘n belangrike aspek van sy digkuns. Die wete dat skryf in ‘n tyd van ongeregtigheid ‘n eggo op ‘n eggo word. Hierom die verafge-leën-tyd van taal (“Jou nag is ligpers”, 153).

Die gedig as vervreemding – die vreemdeling wat sigself raakloop ín die vreemdeling – word briljant beskryf in die gelyknamige gedig (154). Nie alleen Lorca wat deur die militia vermoor is in 1936 word aangespreek nie, maar ook Celan wat selfmoord gepleeg het in Parys in 1970.  Hierdie mede-digters se werk word in gedigte geaktiveer soos in “n Wolk van Sodom” (156).

Die Nakha (ramp of katastrofe) word eweneens beskryf – en hoe die Palestyne in vlugtelingekampe in ellende woon – word skrynend opgeroep in “Die muurskildery” (188) met die digter as pleitbesorger weergegee met die slot:

 

En my naam, alhoewel ek dit verkeerd

oor die doodskis uitgespreek het, is myne.

Wat my aan betref,

gevul met elke rede om te gaan:

ek is nie myne nie

ek is nie myne nie

ek is nie myne nie. (229)

 

Die gedigte word ook gekenmerk deur paradokse deur die persoonlike wat nie persoonlik is nie, omdat hy namens ander praat (214):

 

Maar ‘n wond op die gegewe oomblik

skend die kwynende niksheid

en beweeg verby die tydelike dood om denke te word.

 

II

Bester Meyer se vertalings is aangrypend-mooi. In die Notas, Woordelys en Erkennings neem hy die leser telkens na belangrike kwessies rondom die vertaling en die verstaan van die gedigte. Hy wys op die dubbelsinnigheid van Nahawund wat sowel verwys na klassieke Arabiese musikale modusse as ook die naam van ‘n gebied in Iran.  Hudhud vertaal hy as hoep-hoep. Misr kan stedelike lewe en Egipte beteken. Alles belangrike punte vir die lees van die bundel en wat bewys dat die vertaler sy werk ernstig opgeneem het.

Die opstel deur Shahd Abusalama gee vir die leser ‘n onthutsende beeld van die ellende wat die Palestyne verduur het en steeds verduur. Breytenbach se beeld van hierdie digter is eweneens tersaaklik wanneer hy skryf dat hy nie sal vervaag nie. Die herhaling van die nie beklemtoon juis dat hy sal bly leef:

 

Hy sal nie vervaag nie. Nie die silhoeët in sy netjies, ouderwetse klere en gepoleerde skoene nie. Nie die intelligente oë agter die dik lense nie. Nie die geterg, of die nuuskierigheid oor die wêreld en die intimiteit van sy uitreik na dié naby hom nie …

Nie die gasvryheid om nooit sy pyn jou op te lê nie… (3)

“Ons was sonder ‘n hede” (144) bely die digter in ballingskap, beroof van lewensgenot.

 

Die gedigte verklap met elke herlees iets nuuts en vir die Westerse leser veel te lere! Oor digter Al-Ma’arri en die Muwashah, ‘n Andalusiese digsoort wat opgesê en gesing word.

Die leser hoor die digter se stem: verwytend, pleitend en as swerwer:

 

Ek het die metafoor van ‘n swaeltjie geword

om bo my oorblyfsels te hang

in die herfs en in die lente …

 

Dit is ‘n belangrike publikasie. Een wat vra vir herlees en herbesoek saam met Johan Steyn se aangrypende vertalings uit die Hebreeus saam met die Joodse digter Israel Ben-Yosef: Olyfwoestyn (1987).

Die bundel beslaan 300 bladsye en is werklik die moeite werd om sy verlore Eden te besoek.

 

 

Endnote:

  1. “Ode to Federico Garcia Lorca” by Pablo Neruda – by ons vertaal deur Uys Krige – klink so:

 

Ode to Federico Garcia Lorca

By Pablo Neruda

If I could cry out of fear in a lonely house,
if I could take out my eyes and eat them,
I would do it for your mournful orange tree voice
and for your poetry that comes out screaming.

Because for you they paint the hospitals blue,
and the schools and seaside barrios swell
and are populated with the feathers of injured angels
and are covered with the scales of bridal fish,
and the sea urchins are taking to the sky:
for you the tailor’s shops with their black membranes
filled with blood and spoons,
and they swallow torn ribbons, and they murder with kisses,
and they dress in white.

When you fly away dressed as a peach,
when you laugh the laugh of hurricane-thrown rice,
when you sing you make teeth and arteries tremble,
throat and fingers,
I would die for the dulcet thing that you are,
I would die for the red lakes
where you live in the middle of autumn
with a fallen steed and a blood-soaked God,
I would die for the cemeteries
that pass by like ashen rivers
with water and tombs,
at night, amongst muffled bells:
rivers thick as bedrooms
of ill soldiers, who suddenly swell
toward death in rivers with marble numbers
and decaying garlands, and funeral oils:
I could die from seeing you at night
gazing past the piled-high crosses,
standing crying,
because before the river of death you cry
abandonedly, injuredly,
you cry crying, with eyes full
of tears, of tears, of tears.

If I could at night, hopelessly alone,
amass oblivion and shadow and smoke
above railroads and steamboats,
with a black funnel,
chewing the ashes,
I would make the tree in which you grow,
the nests of golden water that you gather,
and the vine that covers your bones
communicating the secret of the night.

Cities that smell of wet onion
wait for you to pass by singing hoarsely,
and silent ships of semen pursue you,
and green swallows nest in your hair,
and seashells and weekdays, too,
furled masts and cherries
definitively spin when
your pale head of fifteen eyes
and your mouth immersed in blood appear.

If I could fill the city halls with soot,
and, sobbing, tear down clocks,
I would be there to see when summer comes
at your house with broken lips,
here comes a crowd of people in death suits,
here come regions of sad splendor,
here come plowed dead poppies,
here come gravediggers and riders,
here come planets and maps with blood,
here come divers covered with ash,
here come masked men dragging maidens
held against large knives,
here come roots, veins, hospitals,
springs, ants,
here comes the night with the bed where
a solitary hussar is dying among the spider lamps,
here comes a rose of hatred and pins,
here comes a yellowish embarkation,
here comes a windy day with a child,
here I come with Oliverio, Norah,
Vicente Aleixandre, Delia,
Maruca, Malva Marina, María Luisa and Larco,
la Rubia, Rafael Ugarte,
Cotapos, Rafael Alberti,
Carlos, Bebé, Manuel Altolaguirre,
Molinari,
Rosales, Concha Méndez,
and others I’m forgetting.
They see that you are crowned, young man of health
and butterfly, pure young man
like a black flash of lightning perpetually free,
conversing among us,
now, when no one is between the rocks,
let’s simply talk about how you and I are:
what do verses serve if not the dew?

What do verses serve if not for this night
in which a bitter dagger finds us, for this day,
for this twilight, for this broken corner
where the battered heart of man prepares to die?

Especially at night,
at night there are many stars,
all within a river
like a ribbon next to the windows
of the houses full of poor people.

Someone has been killed, perhaps
they have lost their jobs in the offices,
in the hospitals, in the elevators,
in the mines,
the stubbornly wounded beings suffer,
and there is purpose and weeping everywhere:
while the stars run in an endless river
there is profuse weeping in the windows,
the doorsteps are worn from the weeping,
the bedrooms are wet from the weeping
that comes in form of a wave to eat away the carpets.

Federico,
you see the world, the streets,
the vinegar,
the farewells at the stations
when the smoke raises its decisive wheels
toward where there is nothing but some
separations, stones, tracks.

There are so many people asking questions
everywhere.
There is the bleeding blind man, and the irate, and
the downhearted,
and the miserable, the tree of fingernails,
the bandit with envy on his back.

Thus it is life, Federico, here you have
the things that my friendship can offer you
from a melancholic, manly man.
Already you know many things for yourself.
And you will know others slowly.

 

http://enothingblog.blogspot.com/2014/04/poem-of-day-ode-to-federico-garcia.html Besoek 5 Julie 2021