nou, hier deur Corné Coetzee. Human & Rousseau, 2017 Resensie: Ingrid Woudstra Hiérdie digdebuut van Corné Coetzee vereis reeds met die eerste oogopslag lesersbetrokkendheid. Die leser word onder andere geprikkel deur die titel en die verskeie interpretasiemoontlikhede daarvan. Hy of sy wil weet wat ín die “nou” gebeur en wáár die “hier” is. Die bundel…