Posts Tagged ‘Susan Pike kwatryne’

Kwatrynkompetisie (110-112)

Monday, April 12th, 2021

 

110

 

Wynmaker

2020

 

Met druifblaar-aar en wingerdrank geblus,

verras-verraai deur sluwe viruskus –

pleit hy om dié beker se verbygaan

dat Bacchusstaf op hierdie (r)oesjaar rus.

 

*

 

111

 

Getrou, die wingerd

Die wingerd’t kil in heiligheid gely,

haar stil stem verhef teen dwingelandy –

dog haar masker getrou, gedweë verdra

dat kultivarkonings rypvry gedy.

 

*

 

112

 

Woord en wyn

 

Voete vasgegrendel: virusbevlek,

moes jou tam wingerdvingers opwaarts strek –

reuse teue uit vars berglug gepluk

om asem binne woord en wyn te wek.

 

© Susan Pike, 2021